Mzilikazi (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to: navigation, search
WikiIslam Archive,
Archives of the first iteration of WikiIslam, prior to acquisition and revamp by Ex-Muslims of North America
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie. Die is 'n vertaling van die oorspronklike Engelse taal getuienis.
  
Mzilikazi
Personal information
Country of origin    South Africa
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Gender    M
Age    31
Faith Information
Current worldview Atheist
Left Islam at age 28
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam

Wel, my storie is ‘n lang een. Ek was gebore aan Moslem ouers. Ek het groot geword in ‘n uitgebreide familie met baie ooms en tannies wie my baie liefde getoon het. My ouers het egter nie so goed gedoen nie. My pa het aangesluit by Tabligh Jamaat en het radikaal verander in ‘n godsdienstige fanatikus. Hy het my ma beveel om fotos en publikasies met fotos daarin te verbrand. Saans het hy Talim na Isha Salaah wat my jonger ooms en tannies benoud gemaak het. My pa was baie kere nie by die huis nie omdat hy ander dorpe gaan besoek het en het basies so behep geraak met sy ‘’heilige roeping’’ dat ek en my ma verwaarloos was. My ma sou my pa gelos het was dit nie vir my vriendelike tannies nie. Miskien sou sy net aan gebly het, soos wat sy gedoen het, gegewe die feit dat egskeiding so ‘n taboe onderwerp is, en dat sy nie terug sou gaan na haar pa se huis toe nie. My ooms en tannies het in elk geval groot geword en uit getrek, saam met my ouma en oupa, en my ma is uitgelewer om alleen onder die wrede man te ly. Van die begin af kon ek sien dat vrouens sub-mens was en dat hulle net daar was om huislike pligte uit te voer, en dat dit OK was vir mans was om te werk, huis toe kom om te eet, kwaad te wees vir my ma vir geen goeie rede en dan weg te gaan na mede- tablighs om die volgende reis na ‘n dorp te beplan.

Ek het die Madrassah bygewoon tot op die 11de jaar, en toe besluit het dat Islamitiese studies nutteloos is in die regte wêreld. Ek het goed gedoen in Madrassah en het goeie resultate gekry en my pa was teleurgesteld toe ek dit laat vaar het; ek was gretig op wetenskap en biologie en nie op godsdienstige ‘‘hocus pocus‘‘ nie. Na skool het ek universiteit toe gegaan wat ‘n keerpunt was in my lewe. Verskillende kulture, rasse en mense van alle hoeke van die samelewing, Rastas, ‘‘Wiccans‘‘, Ateïste, al die soort mense wie jy nie daagliks ontmoet nie. Ek het tyd spandeer met die mense en geleer van hulle leefwyse; verskillende filosofieë en leerstellings. Ek was ‘n lid van MSA (Muslim Students Association) en ons moes ‘n nuwe Imam kies gedurende daardie jaar. Suid-Afrika is nou vry van Apartheid maar gedurende daardie jaar het Moslems van Indiese afkoms ons inheemse broers op die kantlyn geplaas deur weg te breek en ‘n groep te stig genoem ‘’The sons and daughters of Bilal’’. Ek was en is nog steeds gewalg omdat mense afkomstig van Hyderabadis en ander Suid Indiese gemeenskappe op neer gekyk word. Die Gujarati Jamaat Molems pronk dat die Islam wat hulle uitleef is suiwerder as die Saoedi's sin en enige ander vorm van Islam in die wêreld. Ongelukkig het Suid-Afrika ‘n tuiste vir hulle geword. Ons het nou Darul Ulooms wie Aalims produseer soos niks en die Aalims onderig by Madrassah’s wie Moslem kinders ‘n uiterste vorm van Islam leer.

Nietemin, dit was op universiteit wat ek die dubbele standaarde waar geneem het. Maar geen meer skokkend as die van my pa nie. Hier is ‘n man wie my ma oor die jare baie pyn veroorsaak het, hy raak betrokke met n vrou, slaap met haar in ons huis, en dit onder my ma se neus. Ek was verwoes toe ek daarvan hoor. Toe hy uit gevang is ontken hy alles. Dit van ‘n man wie my ‘n oorvol gegee het om nie ‘n meisie te kry nie omdat dit teen Islam is. Die vrou was my ma se broer se vrou, ek meen hoe kon hy aan haar gedink het!! Fok ek het dit toe verloor. Ek het besluit om so skandalig moontlik te wees en my pa so terug betaal. Soos wat ek gewerk het het ek toenemend met die verkeerde mense (almal Moslem nogal) betrokke geraak en ons het op allerhande togte uit gegaan. Ons het na nag klubs toe gegaan, gedrink en dwelms gebruik, Wit meisies op getel en mee geslaap en baklei met ander groepe. Dit het my basies gewys hoe skynheilig Moslems kan wees en ek het van die bestes onder hulle gesien. Die manier hoe hulle die meisies behandel het, staan in ‘n lyn en wag hulle beurt nadat hulle hulle dronk gemaak het. Ek kon nie glo wat ek sien nie, alhoewel ek kon verstaan aangesien my pa so is, kan dit wees dat die jong Moslem skobbejakke ook so is.

Uiteindelik het ek geloof verloor in my vriende want hulle het uitgedraai as regte varke wie op my parasiteer, my goed steel en met my suster lol. In sover as wat hulle varke verag, kan ek sê dat enige vark beter is as enige van hulle. Ek het toe ‘n Hindoe meisie gekry wat my ouers en familie af gesit het. Hulle het geweet ons slaap saam, maar ek het haar diep lief gehad en hulle was bang ons sou wegloop. Ek was gedreig met ekskommunikasie en het my liefde vir haar prys gegee uit respek vir my ma en ander familielede. Terugkykend moes ek weg geloop het met haar omdat ek nou getroud is met wie hulle dink is die ideale maat vir my. Nietemin, my jeugdigheid het ‘n rol gespeel in my onsekerheid en ek kon nie my meisie kry om Islam aan te neem nie en ons het ons eie paaie geloop.

In die tussentyd het my dwelm probleem begin hand uit ruk. Ek het dit basies gedoen om my pa en Allah kwaad te maak en my moedswilligheid was my uiteindelike wraak. My gat sal ek graag met ‘n Koran will afvee en op die mure van ‘n Moskee piss as ek die geleentheid kry. So ver as wat Moslems sê hulle is lief vir Allah, haat ek hom. Ten ergste, woorde van vertroosting van my pa was om vir Allah vir vergifnis te vra omdat ek hom kwaad gemaak het en dit is hoekom hy my straf. Ek glo dit nie nou nie en solank as wat ek ‘n Moslem was het ek dwelms gebruik en dan probeer regmaak met Allah. Ek het my verslawing verbreek en dit is nie te danke aan hom nie. Ek het gaan soek vir antwoorde, gekyk na meditasie en leeswerk gedoen oor godsdiens. Ek het tot die slotsom gekom daar is geen werklike godsdiens is nie. Dit is alles geskep om verdeeldheid tussen mense te bring en het gelei tot oorloë en onrus in die wêreld. As alle godsdienste verban en tekste verbrand word sal die mens baie beter af wees. Ek is nou anti-godsdiens en doen wat ek will binne die perke wat ek vir myself gestel het. Ek voel nou heelwat ligter en sukkel nie met skuld gevoelens wat aan die orde van die dag was gedurende my Moslem jare nie. Ek kan nou ‘n glasie wyn geniet en nie hoef te bekommer oor watter tipe straf ek gaan kry nie. Ek voel net jammer vir die wie nog steeds verblind is deur die illusie van godsdiens. Die wie nog weier om die lig te sien en te laat vaar van belaglike rituele and valse opvattings waaraan die meeste mense op die planeet nog aan vashou.



Crystal Clear action edit add.png Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints