ExMuslimgirl (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to: navigation, search
WikiIslam Archive,
Archives of the first iteration of WikiIslam, prior to acquisition and revamp by Ex-Muslims of North America
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie. Die is 'n vertaling van die oorspronklike Engelse taal getuienis.
  
ExMuslimgirl
Personal information
Country of origin    Somalia
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Country of
residence
   
United Kingdom
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Gender    Female
Age    19
Influences    Richard Dawkins lawrence krauss
Other interests    Science, Reading, Debates
Faith Information
Current worldview Atheism
Left Islam at age 16
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam

Ek was nooit die tipiese kind wie ure spandeer het om tekenprente te kyk, ‘‘Videos‘‘ te speel ens. nie. Sover as wat ek kan onthou was ek ‘n ‘weird‘ kind en baie ‘odd’. Ek het gedink oor die skoonheid van die natuur. Byvoorbeeld, die vorm van die wolke en sterre het vir gelyk na klein krakies wat lei na die dag lig toe. In my tuin het ek met miere gespeel en baie ander ligsinnige dinge gedoen. Maar, met diep belangstelling, en nuuskierigheid in my omgewing , die onsigbare en onaantasbare opperwese, eintlik ‘n abstrakte sogenaamde ‘God‘ is van wie ek nie so seker was nie. Ek het probeer om met God te praat en gewag op ‘n sein of antwoord. Ek het uiteindelik oor die kinderagtige dinge gekom.

Baie van julle mag dalk dink dat ek Islam verwerp het as gevolg van beperkings en die emosionele las. Dis gedeeltelik korrek. Alhoewel my ouers heelwat verwesters is, het hulle nie om gegee oor my kleredrag nie. Om nie te bid en te vas nie het hulle ook nie gepla nie. Sommige kere het hulle nie 5 keer ‘n dag gebid nie wat hulle in die kamp van nie-Moslems plaas, alhoewel hulle baie lief was vir Islam en hulle self as Moslem klassifiseer. As gevolg van die vryheid wat ek gehad het, het ek dit nie misbruik nie.

Daar was wel ‘n tyd toe ek ‘n godsdienstige Moslem was. Hoe meer ek die Koran bestudeer het in my vrye tyd, hoe meer het ek Allah begin sien as weersprekend, dreigend, ongelyk, homofobies en nog meer. Ek was vol twyfel en het ‘n bietjie verlore gevoel. As ‘n hardkoppige mens het ek nooit gedink ek sal ‘n dramatiese verandering in my gedagtes het nie. Hoe meer vrae ek gevra het, het mense reageer met dieselfde ding en gesê dat ek met die duiwel besete is.

In my middel tienerjare het ek bekend geraak met sielkunde. Die skoonheid en krag van die brein is absoluut ongelooflik. Die studie in sielkunde het my tot die konklusie gebring dat die profeet miskien hallusineer het en waarskynlik skisofrenies was. Sulke geestelike siektes is alledaags vandag, maar as iemand sê dat ‘n engel aan hom verskyn het sal ons heel waarskynlik medikasie aanraai om die simptome van hallusinasies te verminder.

Later het ek filosofiese boeke gekoop deur Hume, Aquinas, Russel wat my laat verstaan het dat al poog die wetenskap om te bewys dat daar ‘n skepper is, bewys dit nie die God van die verlede of huidiglik soos Krishna, Jesus, Zeus en Allah ens. nie.

Soos ek die boeke gelees het het ek obsessief begin word met Kosmologie en evolusie. Die werk het nooit meer meer sin gemaak nie. Dit het my nader gebring na my liefde vir die natuur wat ek nog altyd gehad het vanaf my kinderdae. Dit het my waardering gegee vir die lewe en hoe gelukkig ons is om dit te kan ervaar. Na ek die boeke gelees het het ek besef dat ek in die donkerte gelewe het en dat ek blindelings ‘n geloof gevolg het wat ek nie rêrig verstaan het nie. Die wetenskap was nie versoenbaar met my geloof nie maar tog het ek Allah gevrees alhoewel ek geensins nie in hom geglo het nie.

Ek het ateïstiese gesprekke by gewoon en boeke bestel soos The God Delusion wat my help laat besef het dat die waarheid lê in die wetenskap en hogenaamd nie in godsdiens nie. Baie sal wonder of ek ander godsdienste soos die Christelike godsdiens bestudeer het. Die 6 dae skepping is genoeg om verwerp te word omdat dit nie aanspraak maak op wetenskaplike akuraatheid nie. Islam maak baie beloftes oor die hiernamaals wat vir my lyk asof dit ‘n gemaklike kombers is sodat mense kan vergeet van die doelose leiding op die planeet en om sosiale orde te handhaaf, en dieselfde geld vir ander godsdienste. Islam beloof ‘n rivier van heuning. Maar wat moet ek daarmee maak? Ek hou nie eers van heuning nie.

Ten slotte, ek het nog nooit so gemaklik gevoel in my lewe nie. Ek lei nie meer aan engte vrees nie en kan nou asem haal. Ek leef nie meer in vrees en skuld nie. Dit sal moeilik wees om dit voor te lê aan my Moslem Somali familie, alhoewel ek dink nie dis nodig nie omdat ek gelukkig is om verdraaglike ouers te hê wie wanneer dit kom by die uitleef van my godsdiens, maar om dit te verwerp is ‘n heeltemal verskillende situasie.



Crystal Clear action edit add.png Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints