Anil (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to: navigation, search
WikiIslam Archive,
Archives of the first iteration of WikiIslam, prior to acquisition and revamp by Ex-Muslims of North America
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie. Die is 'n vertaling van die oorspronklike Engelse taal getuienis.
  
Anil
Personal information
Country of origin    Turkey
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Gender    M
Age    25
Faith Information
Current worldview Unknown
Left Islam at age 25
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam

Ek was gebore op die 26ste Julie, 1984, as ‘n kind van Moslem ouers. Ek was ‘n gelukkige kind want beide my ouers was uiters godsdienstig nie. Ek was op ‘n godsdienstige manier groot gemaak. Die enigste iets wat ek van hulle gehoor het vir ‘n naam vir godsdiens is dat dit snert is wat deur ouer mense opgemaak is. Ek was godsdienstig in teen stelling met my ouers. Ek was gesien as ‘n goeie voorbeeld in my gemeenskap. In my tiener jare het ek stukkies van die Koraan begin lees en begin vrae of dit ‘n leuen kon wees; dat Islam die beste godsdiens in die heelal is. Daar was logiese foute (ek weet die 2 –logies en fout-gaan nie lekker saam nie maar sal verduidelik hoekom ek die 2 saam gebruik)tussen die Koraan en komentaar gemaak deur teoloë.

Een van die logiese foute was oor Engele. Volgens die teoloë is Engele bonatuurlike wesens wat deur God geskep is om hom te dien. Hulle is naïef en weet van niks behalwe om heel dag vir God te prys nie. So, ‘n mens kan van hulle verwag om aannaames te maak nie wat hulle in nie daar toe in staat nie. Interessant genoeg, in die Koraan staan daar toe God hulle gesê het hy gaan ‘n nuwe wese skep vra die Engele hom beswaarlik: ‘‘Gaan jy ‘n nuwe wese skep wat probleme gaan skep en bloed gaan stort in die wêreld?‘‘ is dit nie ‘n aanname nie? Hoe kan hulle dit doen as hulle nie die kapisiteit het daarvoor nie?

Tweedens, Islam het ‘n siek opvatting van wat lot is. Volgens Islam, al die gebeurtenisse wat ‘n mens sal ondervind in sy leeftyd is by geboorte op sy voorkop geskryf. Verskeie vrae kom na vore:

  1. As al my lewens gebeurtenisse vooraf besluit is, hoekom sal Allah my oordeel na my dood? Hy weet al klaar wat ek gedoen het, selfs voor my geboorte; het hy ‘n bietjie vermaak nodig?
  2. Hoekom bestempel ons sommige mense as goed en andere as boos? Hulle lewens is al klaar uit gemaak deur Allah. Hoekom oordeel ons die mens i.p.v. die skrywer?
  3. Hoekom moet ek dood gemaak word as ek egbreek, iemand dood maak, het homoseksuele seks? Die onsigbare skrywer het my daai rolle gegee!
  4. Hoekom moet ek die skrywer aanbid as hy my ‘n moeilike rol gee genaamd ellende? Moet ek dankbaar wees teenoor iemand wie my opsetlik seer maak? Nee. Wat is so spesiaal van daai onsigbare wese?

As gevolg van daai siek opvatting sien jy nie Islamitiese lande maak einige vordering in die wetenskap en geesteswetenskappe nie. Hulle praat nie en tree nie op teenoor hulle goewerneurs nie want hulle dink God gaan hulle beloon in die hiernamaals.

Die 3de punt wat gemaak het dat ek my geloof verloor het is die leuen dat almal gelyk is in Islam. As almal gelyk is, hoekom is dit net vrouens wie hulle gesigte moet toe maak en by die huis moet bly om kinders groot te maak? Hoekom kan ‘n enkel man gespaar word van die dood deur steniging na sy eerste seks-buite-die-huwelik, maar dit geld nie vir ‘n vrou nie? Hoekom is dit genoeg dat ‘n man kan optree as ‘n getuienis maar met vrouens moet daar 2 wees? Hoekom kry vrouens minder van ‘n erfporsie van haar pa terwyl mans meer kry? Hoekom kan vrouens nie na die Moskee toe gaan nie? Die is ‘n paar redes hoekom ek my geloof in Islam verloor het.



Crystal Clear action edit add.png Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints