Ahmed (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to: navigation, search
WikiIslam Archive,
Archives of the first iteration of WikiIslam, prior to acquisition and revamp by Ex-Muslims of North America
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie. Die is 'n vertaling van die oorspronklike Engelse taal getuienis.
  
Ahmed
Personal information
Country of origin    Singapore
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Gender    Male
Age    20
Influences    Human being's characters and morals, NeuroLinguistic Programming, Abrahamic Books and Hadiths, Siddhartha Gautama, Bhagavad Gita, Simple thinking, Existentialism
Other interests    Reading, craftsmanship and DIY, costume design (Cosplay)
Faith Information
Current worldview Humanism (Atheist)
Left Islam at age 10
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam

Dit was onrusbarend. Menige aande moes ek my in my kamer toesluit om die honde van my weg te hou. Dit was ondraaglik. Ek kon dit nie hanteer nie. Vir 17 jaar het ek onder ‘n klip gelewe, my gevoelens en gedagtes onderdruk in ‘n diep donker grot. Somtyds het ek my verbeel hoe ek op hulle skree, die waarheid bevry vanuit die blik. Maar ek het altyd geweet ek kon nie myself bring tot dit nie. Ek het geweet daar sal ernstige nagevolge wees. En wat nog meer belangrik is dat ek so besig was hier op aarde dat ek nie tyd gehad het vir aanhoudende konflik nie. Alles het ‘n begin…

Dit het alles begin toe ek 10 jaar oud was. Ek was ‘n stil seuntjie wie my plek geken het en sommige mense het my daarvoor geprys, alhoewel ek nooit verstaan het hoekom hulle dit moes doen nie. Ek het my familie gehaat. Ek het dit gehaat hoe my pa my behandel het. Ek het dit gehaat hoe my broers en susters geskel het. Ek het dit gehaat hoekom ek sommige dinge nie kon doen nie omdat dit as ‘Halal‘ gesien was in Islam. Ek het dit gehaat omdat ons 5 keer ‘n dag moes bid. Dit was alles so vernederend en onnodig. Ek het eenvoudig alles gehaat wat te doen het met die stelsel. Op so ‘n jong ouderdom het ek iets onstellend begin oplet in my.

Ek was gebore in Islam sonder enige twyfel. Dit was nie my keuse nie en nog minder was dit my lot. Die Shahada was in my ore gefluister toe ek ‘n baba was. Van my hare was gesny as baba. En sonder my toestemming het ek klein gedeeltes van my seksuele plesier verloor as gevolg van besnyding. Ek was gebore in ‘n familie van 8. Ek het groot geword in ‘n ‘’zealous’’ en godsdienstige Moslem familie (of Alim familie soos dit genoem word). My susters het sonder om te bevraag die hijab gedra en gebede en aanbidding onstellend ernstig op geneem. In my kinderjare was ek ‘n stouterd en ‘n waaghalsige en skelimrige dwaas! O genade, ek moes sekerlik op Santa se stoutely lys gewees het, verseker! Ek het my gebede verwaarloos, ek het dit as onnodig gevind en dit was defnitief ‘n vermorsing van my kosbare tyd en fokus. Maar meer belangrik, ek was uiteindelik onrustig deur die baie aanval en bakleiery wat ons altyd gehad het.

Toe ek 10 jaar was het ek besluit om op te gee. Ek het eerlik waar genoeg gehad van al die bakleiery, geskellery en die onnodige konflik. Ek onthou nog die tye toe my ma verse opsê om almal te kalmeer. Wel eerlik waar dit het nooit gewerk nie. Ek draai my kop skuins in verbasing. Wanneer okal iets verkeerd gaan, sluk hulle die naam Satan en begin opsê Koraanse verse met die hoop dat dit die die situasie sal suiwer van die boosheid war deur die duiwel gegenereer is. Wanneer hulle okal kwaad is en hulle gevoelens will onderdruk, begin hulle Koraanse verse aan hulle self te murmureer. Ek het twee dinge ontdek wat verkeerd is hiermee: eerstens, dit werk eindelik nie. Nie –teïste kan dit maklik oorkom, hoekom dink jy dis die beste, alhoewel dit die enigste pad is? Tweedens, om die duiwel te blameer vir jou trots en verkeerde besluite is heeltemal VERKEERD in die eerste plek. Jy is alleenlik verantwoordelik vir jou aksies en woorde en geen graad van dwang is nodig daarvoor nie. Ek het op gegee.

Ek het skynheiligheid geruik. En dit het ook nie net tuis gebeur nie. Ek het dit orals gesien. Moslems wie baklei, rug steek, skinder, blameer, knorrig, kwaad, hartseer, selfmoord neigings, jy noem dit en hulle het dit. Hokaai. Ek probeer nie sê ek wil hê alle Moslems moet perfek wees nie. Nee, nie in ‘n miljoen jaar nie. Wat ek wou sien is Moslems wie Moslems is. Ek het die korrupsie gesien in elke gelowige Moslem wie ek ontmoet het, en dit het my laat dink: as jy gou is om goeie ding te doen, goeie werke, en bid omdat jy hemel toe will gaan en die flamme van die hel ontsnap, maak dit jou bedoelinge verkeerd in die eerste plek? Jy het nie ‘n rede nodig om goed te doen nie. Jy hoef nie te weet van ‘n beloning om goed te doen nie. Jy doen goed omdat dit die regte ding is om te doen as mens.

Die swerwer, soekend, verlore, die gedoopte kind Soos wat ek rond geswerf het op die aarde as ‘n 10 jarige vry denker, het ek die Bybel gelees, na verskeie kerke toe gegaan, en wat ek ontdek het is die Bybel leer vrede en liefde baie meer as die Koraan of Hadiths (Koraan en Hadiths praat gereeld van geweld en dood maak van nie-gelowiges, beledigers, heidene, Jode en Christene [ ja, hulle praat ook van goedheid en vriendelikheid]). Maar dit beantwoord nog steeds nie my vraag nie. Alhoewel die Christelike geloof liefde leer, het ek gevoel die Bybel maak minder sin as die Koraan in terme van geskiedenis, stories of vorige profete. Ek wou nog steeds geweet het of daar rêrig ‘n God daar bo was.

Maar, teen die ouderdom van 13 het ek terug gekeer na Islam, bely, en het ‘n uiters toegewyde Moslem geword (ek berou dit nie nou nie omdat dit my help besef hoe belaglik ek was). Ek was verlief op God. Ek het so na aan God gevoel. Dit het so werklik gevoel. Ek het rêrig sy teenwoordigheid gevoel. My gbede was opreg en kon voel hy hou my dop. Saans het gespook teen Christene en Ateïste (‘n patetiese poging van my kant) om te bewys dat Islam die hoof godsdiens is. Briesend het ek hulle gedreig en veroordeel omdat hulle nie in MY God geglo het nie. Ek het elke sin van menslikheid vergeet toe ek Islam verlaat het. Wat ‘n huigelaar ! En ek was ook nie alleen nie, ek sien deesdae amper elke Moslem dieselfde doen. Tot een aand wat ek gespook het teen ‘n You Tuber onder my kruistog , en ek was gekonfronteer met ‘n kragtige tog sterk vraag: as God ons geskep het, dan wie het vir God geskep? Ek het my kruistog onmiddellik gestop. En na heelwat dinkery het ek Islam verlaat na ‘n paar weke.

…Net soos wat alles ‘n einde het Teen daai tyd was ek 17 jaar oud. Ek het my eerste smaaklike gerookte / geroosterde vark ribbe, en wit wyn alles op dieselfde aand gehad (met goeie vriende). Alhoewel ek was nog steeds paranoïes oor die nimmereindigende ou argumente en teenreaksie. Hoekom kon ons nie net eenvoudig en gelukkig leef nie? Jy kan sê ryk mense wie welgesteld is is die minste gelukkig (en ek en ryk pa [Robert Kiyosaki] glo dit is onwaar in soveel opsigte). Tog het ons geleef in sub-middel tot hoë klas en ons verhoudings met mekaar is net so misluk soos wat ons ander families van beskuldig het. Ek het geweet daar was geen God. Maar iets het otbreek: Wat de hel is die punt van die lewe?

Ek was 19 toe ek die huis verlaat het. Ek het by ‘n vriend gebly wie naby die strand gebly het. Ek het gestap omdat ek moeg was vir al die bakleiery. In al my onskuld en kalmte en geduldige leefstyl, was ek nog steeds aangeval (mondelings en fisies) deur familie lede. Ek het op kragtige materiaal afgekom wat my lewe vir altyd verander het. Laf, dit het my 9 jaar geneem om vas te stel wat die antwoord was op my vraag. Ek wou geweet het hoekom verskriklike dinge gebeur alhoewel mense in god glo. En ek het dit gekry. Die lewe is eenvoudig. Moet dit nie oor kompliseer nie. Bhagavad Gita, Siddhartha Gautama, Existentialism, NLP (Neuro Linguistic Programming), die is al wat ek nodig gehad het om te verstaan hoe teïste werk.

Beide Budha en Hindu romans verduidelik hoe eenvoudig die lewe is, om dit nie te oor kompliseer nie, om liefde te gee, los te laat van haat of trotsheid. Gelukkigheid kan nie bereik word deur mense wie dit soek nie, want gelukkigheid kann nie gesoek word nie. Gelukkigheid moet onderskei word, dit moet van binne kom. Eksistensialisme sê vir my daar is geen doel in die lewe tensy jy dit ‘n doel gee nie (om jou doelwitte te bereik, om iets te doen waarvoor jy lief is). NLP het my oë oop gemaak oor hoe die menslike brein werk en hoe die mag van geloof werk in groot wonders. Die gevoel wat ek gehad het toe ek gevoel het ek is na aan God? Die gevoel dat ek ‘n wedersydse verhouding het met hom? Ja, dit was om in iets te glo wat inherent waar is. Wat eindelik is dat jy glo in jou eie leuens sodat jy dink dit het rêrig gebeur. Dit is ook dieselfde manier hoe toneel spelers so passievol kan wees in op gemaakte verhoudings op die verhoog. Ek het terug gekeer huis toe as ’n verskillende mens. Ek was gelukkig. My glimlag het geskitter met lig. En dit het niks te doen gehad met god nie.

Ek wens ek kon jou vertel… Ongelukkig met die magdom inligting en epifanieë kon ek nie help om onbedoeld daaroor te preek nie. Dis asof ek ‘n teen middel vir kanker ontdek het. Dis asof ek ‘n smaaklike sous ontdek het vir ‘n combo Subway toebroodjie (hel ja dit dit moes Rooi wyn vinaigrette wees). Ek het aanlyn gegaan en teïste gesê hoe dinge rêrig werk en om nuwe en onskuldige ateïste / agnostici en skeptici te help en te verdedig. Ek kon nie my familie sê nie. Nee, nie nou nie. Nie wat ek eerstens moet deur gaan nie. En ten spyte van alles voel ek nog steeds alleen. Ja, ek het goeie vriende wie almal ateïste is (almal blykbaar voormalige Katolieke), maar hulle was nooit Moslem in die eerste plek nie. Maar toe ontdek ek mense na aan my was in die geheim lewende, asmehalende ateïste / agnostici, in die geheim; my neefs en niggies. Wat is beter as jou eie weergawe van die waarheid, as ‘n ateïs? Dit is wanneer jy na aan mense is wie dieselfde ding deel! Alhoewel ek weet al die gebede en aanbidding is nutteloos vir my, moet ek dit nog steeds doen om nie agterdog by my familie te wek nie. Alhoewel ek weet een of twee van hulle is alreeds bewus. Ek het soveel om te doen om na my eie om te sien, maar tot dan, kan ek nie laat my ouers weet nie. Ek weet rêrig waar nie wat my ouers aan my sal doen nie, en is nog nie reg daarvoor nie. Nie todat ek uit die huis is nie. Dit is hard en moeilik. ‘N uitdaging vir my. Maar ek kan enige iets bereik soos wat my nuwe lewe begin.

Hoekom jy nooit rêrig ‘n teïs se gedagte kan uitdaag nie. Dit mag dalk lyk na ‘n aanval op teïste, maar in alle eerlikheid is dit nie my bedoeling nie. Die rede hoekom ons nie hulle gedagtes kan verander om ons stand punt te sien nie is dat hulle so geheg is aan hulle eie waarheid dat dit nie sin sal maak vir hulle nie ongeag wat ons sê. Ateïste glo in ‘n materiale bestaan. Teïste glo in die bonatuurlike. Hulle persepsie van dinge is meer gekompliseerd as ons sin. Moet nie vergeet van die feit dat hulle die wêreld sien as ‘n toets. Hulle sal niks hier meer ernstig op neem nie as om hulle eintlike doel te bereik nie: paradys. Nog iets waar deur hulle nie kan sein nie is hulle eie trots en ego. In my godsdienstige dae het ek soveel trots gehad soos ‘n dosyn troppe leeus. Ek kon nie laat vaar van my godsdienstige dogma nie omdat ek te trots was om die waarheid te sien wat voor my oë was. Dieselfde ding gebeur met my broertjie.



Crystal Clear action edit add.png Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints