WikiIslam:Sandbox/Temp page for Afrikaans: Difference between revisions

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to navigation Jump to search
No edit summary
mNo edit summary
 
Line 2: Line 2:


:Example at: [[ExMuslimgirl_-_Voormalige_Moslem]]
:Example at: [[ExMuslimgirl_-_Voormalige_Moslem]]
==[[AdmirerOfChrist - Former Muslim]]==
Bewonderaar van Christus – Voormalige Moslem
Oorspronklik van Bangladesj, ek was die enigste dogter van ouers wie in Qatar gebly het. My ma het die burqa gedra en my pa was ‘n redelike godsdienstige Moslem. Ons het na Kanada verhuis toe ek 4 jaar oud was. My ouers was redelik streng toe ek groot geword het. Ons het nooit uit gegaan nie, nooit gaan fliek nie, en het ook nie daarvan gehou as my ma Bollywood films gekyk het was sy by iemand geleen het. Ek was nie toe gelaat om na nie-Moslems se huise toe te gaan nie. En op die ouderdom van 9, was ek nie toe gelaat om uit te hang met my beste vriend wie daai tyd met seuns na skool uit gehang het. Vanaf ‘n jong ouderdom was ek self nie toe gelaat om met seuns te praat nie.
Ek het opstandig groot geword. Op skool was ek geboelie. Ek het dikwels in gevegte beland met my ouers waarin ek geslaan was. Ek was op ‘n punt waar ek die wêreld rondom my geantoginiseer het. Maar, ek onthou my ouers as liefdevol.  Ek het nooit Islam so ernstig op geneem soos wat ek veronderstel was om te doen nie. Toe bring hulle my ‘n Engelse weergawe van die Koraan toe ek 11 of 12 jaar oud was. Ek het dit begin lees. Maar daar was 1 frase in veelvuldige verse wat my gepla het. En dit was: "that your right hand possesses." Die Koraan sê dat Moslem mans kan seks hê met hulle vrouens en wat hulle regter hand besit. Ek het op Google gelees wat dit beteken en het ‘n artikel oor Islam en seks slawery gelees. Van daar af het ek myself begin distansieer van Islam.
Maar my vriend se ma, wie ‘n ouerige vrou is, het my ‘n boek gegee oor wetenskap in Islam. Ek het dit liggies gelees en was onmiddellik oortuig die Koraan is die woorde van God. Die seks-slaaf verse het ek in my geheue af gedruk en eenvoudig net daar van vergeet. Sy het my oortuig dat ek nog een Dua moet memoriseer en dat ek 5 dae ‘n week moet bid, wat ek toe gedoen het. Ek het toe begin bid soveel as wat ek kon. Dit het albei my ouers trots gemaak. My pa het gesterf net toe ek 15 geword het. My ma het toe net gepraat van hoe my pa ‘n Moskee in Bangladesj gebou het en sy wil hê ek moet dit gaan klaar maak en ook my eie geld moet maak. Ek het gebid so veel as wat ek kon, veral vir hom omdat ek geleer is omdat ek sy bloed is gaan my seëninge wat ek bereik het omdat ek Islam volg ( bid, Koraan lees, vas en vir die welsyn skenk) sal direk na hom toe gaan. Ek het soveel gedoen as wat ek kon. Ek het ook OK op skool gedoen, met vriende, oor die algemeen was ook OK.
Maar daar was 2 dinge wat my weer Islam laat bevraagteken het. Een was ‘n YouTube kommentaar van iemand wie gesê het Mohammed was ‘n pedofiel wie met ‘n 9 jarige meisie getrou het. Ek het die akuraatheid van dit wat hy gesê het gaan verifieer. Verskeie webtuistes het gesê dat Aisha was aansienlik ouer en ‘n paar andere het met hom saam gestem maar het probeer om dit te regverdig deur te sê dat tye verskillend was in daai jare en dat meisies vinniger volwasse geraak het. Nou ek weet van die Hadiths dat Mohammed met Aisha getrou het toe sy 6 jaar oud was en die huwelik volkome gemaak het toe sy 9 jaar oud was ( toe sy nog met poppe gespeel het). Ek het dit oor gesien maar die belangrikheid van die seks slawery verse het toe terug gekom na my toe. My ma het my vertel van ‘n Bengali Moslem sendeling wie sy altyd op TV gekyk het en wie toe na Pakistan toe gevlug het omdat sy oorlog misdade in die Bangladesj Bevrydings Oorlog bekend was. Van die misdade sluit in verkragting en marteling van baie vrouens in die Bevrydings Oorlog.
Ek het begin belangstel in die geskiedenis van my land en die land se Bevrydings Oorlog. Ek het op verskeie webtuistes daarvan gelees en het ontdek dat Pakistanse soldate en ‘n groep Bengali mans genoem die "Jamaat-e-Islam" ( wie wou hê Bangladesj moet by Pakistan bly omdat dit oorwegend ‘n Moslem land was) het baie Bengali vrouens verkrag en hulle as seks slawe geneem. Die Hindoes het dit seker die ergste gekry. Dit het my vir ‘n oomblik laat dink. Wag ‘n minuut, hoekom is daar mense wie hulle self "Jamaat-e-Islam" noem en soldate van ‘n ander land wie Moslem is, vrouens verkrag en hulle as seks slawe in groot getalle neem? Ek het die verse onthou wat ek as kind gelees het. Nog steeds as ’n Moslem, ek het dit agter in my kop gedruk want Islam was deel van my lewe. Ek het ‘n dokumentêre program gekyk oor die Bevrydings Oorlog. Aan die onderkant by die komentaar sien jy ‘n ou wie presies dieselfde vers gebruik wat ek op ‘n tyd gelees het om te verduidelik hoekom die mans gedoen het wat hulle gedoen het. Ek het dit nog steeds geïgnoreer en het ‘n ander vers uit die Koraan geneem wat verkragting verbied as ‘n teen-argument.
Een ding wat uniek is oor my is dat ek nuuskierig is oor alles. Ek sal iets uitvind oor ‘n sekere historiese gebeurtenis en sal dan meer navorsing doen en dieper in die onderwerp gaan. Ek wou meer leer oor die slawe handel wat ‘n paar eeue gelede plaas gevind het. Natuurlik het ek daarvan geleer maar toe kyk ek op Google vir die ergste gevalle van slawerny in die geskiedenis. Dit was genoem die Arabiese Slawe Handel. Raai wat het ek ontdek: die mees regverdige mense was aan die spits van die ergste geval van slawerny.  Ek het meer navorsing daaroor gedoen. Dit was genoem die Arabiese slawe handel. Ek het nog meer navorsing gedoen. Nou is daar geskiedenis wat bewys dat slawerny wel plaas gevind het gedurende die Mohamadaanse periode. Nou het ek meer moed geskep en meer indiepte navorsing gedoen oor die verhouding tussen Islam en slawerny. En dit wat ek ontdek het was vreeslik.
Nie net is daar verse in die Koraan wat stel dat seks slawe toelaatbaar is in Islam, maar daar is ook verskeie ‘Hadiths’ waarin volgelinge van Mohammed hom gevra het of hulle seks kan hê met vrouens wie se families onlangs geslag is onder sekere omstandighede. Eintlik het ek op die webtuiste gelees van Mohammed se byvrouens en ander vrouens wie hy gehad het. Ek het basies baie tyd spandeer om te luister na hoe daar verskonings gemaak word om seks slawery te regeverdig maar dit het nie baie gedoen om my geloof te restoreer nie. Ek het weg gedraai. Ek het gelees van sy verskillende vrouens. Twee Joodse vrouens wie se families deur Mohammed vermoor is het geen keuse gehad behalwe om met hom te trou nie. Alby was aantreklik en Mohammed het geen probleem gehad om met hulle te trou nie. Klink dit vir u soos ‘n profeet van God of ‘wellustige man wie sy mag misbruik het?
Ek het Imams ge-epos. Net een het gereageer wie gevra het dat ek op ‘n sekere dag moet skakel. Teen daai tyd was ek ‘n ateïs. Ek het ook begin glo in evolusie. Ek was so verlore. Ek het ‘n video program gekyk deur David Wood: "Jesus or Muhammed" about 10 reasons why Muhammed isn't a prophet’’. Die punte wat my gekry het is hoe hy sy openbaringe gekry het en die wyse waarop hy gesterf het. Ten tyde van sy eerste openbaringe het hy gedink hy is besete en wou selfmoord pleeg. In sy leeftyd het hy openbaringe gekry waarin hy gestel het dat Allah 3 dogters gehad het. Die Arabiese Heidinne in daai tyd was gelukkig met Mohammed en het later sy gedagtes verander en gestel dat hy sy openbaringe van Satan ontvang het. Hoe het Mohammed gesterf? ‘N Jodin het hom vergif.
Dit was, as ‘n geheel, baie omstrede vir my. Hy’t nie veel as ‘n profeet vir my voor gekom nie en natuurlik het die Koraan baie reëls gehad wat ek as vrou gehaat het, soos byvoorbeeld hoe ‘n vrou onderdanig behoort te wees teenoor haar mans, en dat twee vroue getuies gelykstaande is aan een manlike getuie. Ek het die reëls gehaat. Ek het ook ontdek dat dit toelaatbaar is om jou vrou te slaan. Moslems sê dis net ligtelik maar die ‘hadiths’ sê dat Mohammed het een keer sy vrou Aisha op haar bors geslaan wat haar pyn veroorsaak het.
Kyk na die ding van ‘n vrou se perspektief. Daar is die vrou, die dogter en die seks slaaf. Kom ons begin met die vrou. Jy deel jou man met 3 ander vrouens in die geval van Mohammed se vrouens,  met ‘n klomp ander vrouens sowel as met ‘n klomp seks slawe. Jaloesie, veral as jy verlief is op ‘n spesifieke persoon, is in almal van ons. So elke dag moet jy ekstra hard werk om mooier en ouliker te wees om jou man se aandag te kry. Niks anders maak rêrig saak nie. En as jy oud is en jou man het jonger en mooier bruide, is daar rêrig waar niks wat jy kan doen nie. Vrouens wie ‘n gewete het en empaties in natuur is mag dalk dink dat vir jou man om ‘n seks slaaf te het is verkeerd, maar daar is absoluut niks wat  jy daaromtrent kan doen nie. Hy kan jou slaan as hy will en jy moet toegewy en gehoorsaam wees. Dis hoe dit is. Wat is die punt van lewe as jou lewe so depressief gaan wees. Dan is daar nog die hiernamaals waar jy jou man moet deel met 72 maagde asook sy aardse vrouens.
Vir die seks slaaf; jou hele familie word dood gemaak deur ‘n groep / stam / land en jy word gedwing om seks te hê met ‘n man van daai groep. Ek weet nie van jou nie, maar ek maak myself liewer dood as om toe te laat dat ‘n man wie my familie vermoor het my raak.
Nou kom ons kyk na die meisies. Jy het te veel broers en susters. Jy kry moederlike liefde maar jou pa is altyd besig met sy ander vrouens an kinders. Jy groei op en sien jou ma ietwat ongelukkig of absoluut benoud. Jy sien jou pa met vrouens en seks slawe van wie sommiges dalk jonger as jy is. Soos jy groot word kry jy min of geen aandag van jou pa nie. Jy begin te dink dat jou uiterlike skoonheid is jou enigste waarde en niks anders nie; nie jou karakter nie maar jou skoonheid. Hoekom? Omdat jou pa mooier en jonger meisies oor jou ma gekies het en jy het haar depressief daaroor gesien. Jou pa het ook verkies om nie tyd met jou te spandeer nie, sy eie vlees and bloed, maar met sy vrouens / seks slawe met wie hy seks kon hê.
Ander dinge wat ek van Mohammed ontdek het is dat hy baie Jode geslag het en sommige van die reëls wat hy wou hê ander Moslems moet volg, het hy self nie gevolg nie. Elke openbaring het hom die voorreg gegee bo ander Moslems. Ek gaan nie dieper daarin nie maar jy kry my punt.
Sy voorbeeld is swak. As gevolg van hom is daar baie kinder huwelike in Islamitiese lande. Ek is seker dat daai verse wat dit toelaatbaar maak om gevangde vroue as seks slawe te neem het Pakistaanse soldate en die Bengali Jamaat-e-Islam beïnvloed om vrouens te vang en hulle te verkrag. En ek is meer as seker dat ten spyte van wat moderne Moslems in die Weste sê, Moslems gebruik wel Koraanse verse en Mohammed se voorbeeld om tereur te regverdig. In die begin dae van Islam toe Mohammed ‘n vreedsame mens was het hy verse gemaak waarin hy sê dat nie-Moslems tot Moslems bekeer moet word moet op ‘n vreedsame manier gedoen word. Aan die ander kant is daar verse wat vir Moslems sê dat hulle vir Islam moet baklei en om Christene en Jode te oorrompel en hulle maak belasting betaal. Daar is so baie waaroor ek kan praat maar sal my geklaery hier stop.
Ek het begin kyk na die Christelike geloof omdat ek Jesus lief gehad het en in my oë was hy ‘n eerbare mens in vergelyking met Mohammed. Hoe weet jy dit? Dit maak nie saak wat nie, NIEMAND kan ‘n vinger wys na Jesus en sê, ‘kyk, jou profeet is so en so,‘ soos wat almal met Mohammed kan doen. Daar was wel een iets waaroor ek verward was en dit was die Ou Testament VS. Die Nuwe Testament. Niemand het my geleer wat die verskille is nie maar ek het gehoor dat baie van die reëls van die Ou Testament is min-of-meer dieselfde as die van Islam, so wat is die punt?
Toe een dag ontmoet ek ‘n man. Hy was ‘n Christen en het baie kennis gehad oor die Christelike geloof, baie meer as ander Christene op wie ek afgekom het. Hy het die konsep van suiwer Christelike geloof aan my verduidelik, die verskille tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament, en ons het die Christelike geloof en Islam vergelyk. Hy was ‘n ‘new-ager‘ en het ontdek dat ‘UFoligists‘ sê dat mense wie gesien / verbeel of ontvoer was het almal beweer dat die vreemde wesens verdwyn wanneer hulle die naam Jesus Christus noem. Ek kyk baie na sameswering teoretikus videos (conspiracy theorist videos) en weet dis die waarheid. Ek kyk na baie.
Die koms van Jesus Christus was veronderstel om mense te red en die Ou Testament te reformeer. Kom ons kyk so daar na. God het Adam in sy eie beeld geskep, reg? Hy het gesondig en hy en Eva, sowel as sy afstammelinge, is uit die tuin van Eden gegooi om verantwoording te doen vir hulle sonde. Dan by die einde van die wêreld het hy Jesus geskep ook in sy eie beeld (dis hoekom mense hom God noem), en Jesus was sonder sonde, sodat toe hy op die kruis gesterf het vir ons almal was dit asof hy die ganse mensdom vry gemaak het deur vir ons almal te sterf. Dis hoekom sommige reëls eenvoudiger is die van die Ou Testament en die godsdiens was gereformeer.
So hoekom is Christus die seun van God of God homself? Wel hy:
1. Was gebore sonder ‘n pa en was self geskep deur God net soos Adam
2. Het God / sy pa se ewebeeld
3. Het op water geloop soos wat dit gesê was in die ou Testament en net soos wat Yahweh dit sou doen
4. Johannes 8:24 ‘tensy jy glo dat ek is, sal jy in jou sonde sterf.’
5. Johannes 8:58 ‘voor dat Abraham was, ek is’ (kan beteken dat hy self die gees van God was)
Hy was God in die vlees en het gesterf vir ons sondes en het opgestaan. Dit is die sentrale boodskap van die Bybel. Die Bybel sê ook daar sal verskeie profete wees wie na hom sal kom en wie wonderwerke sal verrig maar julle moet hulle nie glo nie. Nêrens in die Bybel was Mohammed van geprofiteer nie. En einige een met ‘n gesonde verstand kan die verskil sien tussen Jesus en Mohammed. Terwyl Koraanse wetenskap miskien ‘n wonderwerk kan wees soos sommiges will voorstel, is dit nie so wetenskaplik soos wat Moslems beweer nie. En al is dit selfs, as jy die Bybel lees, kan jy nie einige ander profeet volg nie. En as jy die voorbeelde van Jesus en Mohammed sien, sal jy automaties weet dat Mohammed nie ‘n profeet is nie.
Jesus het nie iemand vermoor nie. Mohammed het honderde of selfs duisende geslag. Jesus het wonderwerke verrig soos om op water te loop. Mohammed het gedink hy was met die duiwel besete, maar Jesus was ‘n onderwyser op die ouderdom van 12 en almal het geweet wat sy doel was. Jesus het gemeng met sondaars en het prostitute vergewe en verdedig (nie mee geslaap nie) omdat hy geglo het dis hulle wie gered moet word. Mohammed het meer vrouens gehad as wat toelaatbaar was in Islam, het byvrouens gehad, verkragting toegelaat, getrou met ‘n 6 jarige, met sy skoondogter getrou nadat sy aangenome seun haar geskei het, en oor die algemeen kan jy sy wellustige natuur sien nadat jy van hom gelees het. Jesus het nooit getrou nie. Hy het nie mense bekeer deur hulle te vermoor nie, maar mense bekeer deur sy woorde en wonderwerke. Daar sal nie so baie Moslems wees nie as Moslems nie betrokke was in so baie oorloë nie en die eeste Moslems was ongeletterd en was makliker gemanipuleerd. Let op dat Mohammed het nie groot getalle Christene bekeer nie? Mohammed en Jesus is wêrelde apart en jy kan nie die twee vergelyk nie.
Die Koraan is ook baie weersprekend. Dit sê dat jy die Bybel moet lees om te sien dat Mohammed van geprofeteer is maar sê ook dat die Bybel ‘n korrupte boek is. So basies is die Bybel so korrup dat dit die sentrale boodskap wat is dat om te glo dat Christus die seun van God is, gestref het vir ons sonde en opgestaan het uit die dood, maar nie korrup genoeg is om te wys dat Mohammed van geprofeteer is nie? Sê vir my of dit einige sin maak?
En nog iets; baie geskeidkundiges soos Josephus het genoteer dat Jesus op die kruis gesterf het. Kruisiging was die mees pynlikste dood denkbaar. Min mense oorleef as hulle gekruisig word. En as dit is dat dit gemaak lyk is of Jesus gekruisig is, maar dat dit nie werklik is nie, en nie uit die dood opgestaan het nie, dat het ons of ‘n onbevoegde  Messias of ‘n misleidende God. Ek glo nie die Bybel is korrup nie omdat daar ‘n ton manuskripte is in verskillende tale. Maar vra jouself hoekom God ‘n godsdiens aan mense gee waarin die hoof konsep onwaar is? Hoe kan ‘n boek so gekorrup word dat die hoof idee vals is?
Nog ‘n rede hoekom ek glo in die Bybel is Bybelse profesieë. In die Bybel sê dit dat die mense van Israel sal verstrooi word al oor die wêreld en dan terug te kom na Israel. Raai wat? Dit het gebeur, is dit nie?
My laaste rede hoekom die Christelike geloof ‘n ware godsdiens is gevalle Engele. Ek onthou toe ek as kind ‘n tiener fiksie boek gelees het waarin die ou in die liefdes verhaal ‘n gevalle Engel was. Daai dag het ek op gaan kyk oor gevalle Engele. Hulle is die seuns van Gode wie omgang gehad het met die dogters van mense in die Bybel en is baie van gepraat in die boek van Henog. Ek het baie oor hulle gelees en tot die konklusie gekom dat hulle miskien hulle self uitgebeeld het as die Heidinse Gode en Godinne wat jy in vandag se mitologie sien. Dit maak sin vir my. Satan het probeer om die saad van Adam te korrup voor Jesus aan gekom het en dis hoekom jy verskeie Gode en Godinne sien waarvan sommiges half-dier is van die een of ander soort. Dis hoekom jy reuse sein in mitologie en sprokies verhale wie eindelik Nephilim (reuse) is. Dis iets wat vir my baie sin maak. In Islam het Engele nie vrye keuse nie so daar gaan daai teorie.
Ek will ook uitwys dat dit geprofeteer is dat in die dae voor die koms van Christus sal dit wees soos in die dae van Noag. In daai tye praat hulle almal een taal. Wat gebeur nou, globalisering gebeur nou en kommunikasie tussen lande en die meeste van ons weet hoe om Engels te praat. Die wetenskap kom elke dag nader en nader om transhumanisme te maak, reg? Wel jy weet dat die saad van Adam , ons genetiese samestelling sal weer meer gemors word.
My redes hoekom ek Islam verlaat het en om die Christelike godsdiens aan te neem is ook emosioneel. Die Christelike geloof gaan slegs rondom om ‘n goeie mens te wees en om in Jesus en God te glo. Islam is aansienlik moeiliker en baie reëls maak nie sin nie. Die Christelike god is oor die algemeen baie meer nederig en will nie hê ons moet ons tyd mors behalwe om ‘n goeie mens te wees en om goeie dinge te doen nie. Dit is ‘n suiwer en eenvoudige godsdiens. Die Christelike godsdiens belowe ook nie 72 maagde nie en onbeperkte seks nie. Dit beloof net dat in die hiernamaals sal ons met Hom bly in sy Heilige Koningkryk. Wat kan beter wees as om met God te bly? Ek glo dat goeie mense moet ‘n geestelike posisie bereik waarin vleeslike begeertes sal verdwyn.
Die is my redes hoekom ek Islam verlaat het. Vir Moslems wie Islam will verlaat, ek stel voor om te kyk na ‘Jesus or Mohammed‘ en kyk na die debatte van David Wood op Youtube. Kyk Bible Prophecies deur Wallid Shoebat en kyk defnitief na die getuienis van Nabeel Qureshi en kyk na sy lesings op Biola universiteit. Kom ek vertel jou iets; toe ek eers vir David Wood in Jesus or Muhammed gesien het, het ek gedink hy’s net nog ‘n ‘Islamaphobe‘ wie seker Moslems uit sy land will hê. Ek het hom in elk geval gekyk en baie van wat hy te sê gehad het het baie sin gemaak. Eendag het hy Nabeel Qureshi genoem, sy beste vriend wie hy gehelp het om na die Christelike geloof te bekeer. Ek het na Nabeel Qureshi gekyk en sy getuiens was mooi. Hulle vriendskap en storie is absoluut ongelooflik en het my aangeraak.
Hulle het op College ontmoet en was die enigstes wie nie partytjie gaan hou het met vriende nie as gevolg van godsdiens. Nabeel was daai tyd ‘n Moslem. Hulle het vriende en kamer-maats geword. David het die Bybel gelees voor hy gaan slaap het en Nabeel sê vir hom; ‘’ Do you know the book you’re reading is corrupted?’’ En David beantwoord: ‘’do care to share.’’ Hulle het ‘n gesonde argument daaroor gehad en het van toe af Islam en die Christelike geloof saam bestudeer. Hulle het beste vriende geword en het alles saam gedoen. Dis ongelooflik hoe twee mense van verskillende agtergronde en godsdienste so goed bevriend kan word en tesaam die waarheid soek en nie bang wees om mekaar aanstoot te gee wanneer hulle godsdiens bespreek want elk will die ander een na die waarheid toe lei. Uiteindelik het David vir Nabeel na Christus toe gebring as sy verlosser. Laat ek net ten slotte noem dat hy ook so gedoen het na ‘n reeks drome deur God self.
So ek sal klaar maak deur te sê ek hoop julle almal kry die waarheid. Ek wens al die apostate van Islam alles van die beste want julle gaan baie harde lewens hê. Ek gaan nie lieg nie. Maar dis alles die moeite werd op die einde. Vir die wie die Christelike godsdiens aan geneem het, ek loof julle vir wanneer dit moeilik is vir julle om as apostate te lewe, onthou net dat jou Verlosser die Christus het vir jou sonde gesterf en dit was ‘n pynlike dood. As Hy sy lewe vir jou kan opoffer, dan kan jy voort gaan om vir hom te lewe.
Dankie vir die wie die hele stuk gelees he ten ek wens julle alles van die beste toe.


==[[Islam and Apostasy]]==
==[[Islam and Apostasy]]==

Latest revision as of 08:54, 5 March 2015

This is a temporary page that has content in Afrikaans.

Example at: ExMuslimgirl_-_Voormalige_Moslem

Islam and Apostasy

Note: This is a core article which is not recommended for translation. Also may be an incomplete translation.

punishment for apostasy as prescribed by Prophet Muhammad is death. ’N Murtad (مرتد afvallige) who hides his apostasy is referred to as a munāfiq (منافق skynheilige). Afvalligheid (ارتداد, irtidād and ridda) d.w.s. die verwerping van geloof is ‘n ernstige oortreding in Islam. Die straf vir afvalligheid soos voorgeskryf deur die profeet Muhammed is die dood. ‘N murtad (مرتد afvallige) wie sy afvalligheid weg steek word na verwys as ‘n munāfiq (منافق skynheilige). Inleiding Definisies Die verwerping in Islam van enige gedeelte (van einige van die pilare, of indiwiduele beginsels van Islam), of verwerping van die geloof in sy geheel, is afvalligheid. Die straf vir afvalligheid in Islam is die dood. Alhoewel daar geargumenteer kan word dat die Koraan alleen nie heeltemal duidelik is daaroor nie, het skoliere regverdiging daarvoor gekry vanaf verse daarin en is daar talle Sahih (oorspronklike) Hadiths ter bevestiging van die straf op grond van Mohammed se bevestiging daarvan. In Sahih Bukhari sein ons dit as ‘’Allah se dissipel gesê het’’, Wie okal sy Islamitiese godsdiens verander het, dan maak hom dood’’, en dit was ook een van die enigste drie redes wat deur hom gegee is waar dit toelaatbaar is om ‘n Moslem dood te maak. Historiese konteks ‘N evaluering van Islam se houding teenoor afvalligheid sal onvltooid wees sonder om uit te brei oor die politieke samestelling van die godsdiens. Islam is in wese is ‘n stam-stelsel wat eens die sosiale samestelling van Arabië in die noorde was. Samelewing, in sy absolute sin, het nooit bestaan in die noorde voor Islam nie. Al wat daar bestaan het was sekere byeenkomste wat nooit floreer het of ontwikkel het in ‘n volwaardige samelewing nie vir verskeie redes; een was dat die meeste daar was nomade wie deur die woestyn gewandel het. Godsdiens was nie ‘n persoonlike saak nie maar ‘n gemeenskaplike saak in pre-Islamitiese Arabië. Die weg beweeg van godsdiens was gelykstaande aan hoogverraad en strafbaar met die dood. Die doodstraf vir afvalligheid soos wat dit ingelyf was in Islam is beter verstaanbaar wanneer dit na gekyk word deur so ‘n stam prisma. Muhammed het eens behoort aan die leefstyl maar het die samelewing verander en het dit so gedoen deur sekere stamme onder een dak te bring sonder om einige van die bestaande nome op te offer. Mohammed was suksesvol en het nie probeer om voor bestaande stam voorskrifte te verander nie. Instede, hy het baie daarvan in Islam geïnkorporeer. Die voorgeskrewe straf vir afvalligheid was een so praktyk wat Mohammed geannekseer het. Vroeë Islam Ons weet nie van enige een wie spesifiek dood gemaak is vir die misdaad van Afvalligheid nie gedurende die tyd van Mohammed. Dit is hoofsaaklik a.g.v. ‘n gebrek aan individue wie afvallig geword het gedurende Muhammed se leeftyd. Maar, in Sahih Bukhari Hadith word Muhammed gesien ‘n Bedouin in die pad steek wie dit begeer het om ontlae te raak van sy godsdiens. Die insident alleenlik gee nie ‘n aanduiding dat Mohammed Afvalligheid gesien het as enigiets minder as hoogverraad of ‘n misdaad wat die dood verdien nie. Die beweerde voorval het plaas gevind in die vroeë dae van Islam in Medina waar Muhammed se Islam en sy openbaringe onvoltooid was en ver van ‘n alomvattende leefwyse wat dit sou bekom ten tye van sy dood. Na die dood van Mohammed en onder Kalifaat van Abu Bakr het baie Afvalliges gesterf in die ‘‘Riddah‘‘ (afvallige) oorloë. Dit bevestig die feit dat Afvalligheid alreeds ‘n ernstige misdaad geword het in Islam en dat dit nie iets is wat later ontwikkel het nie. En dit was ‘n Koraanse vers wat vir Abu Bakr aangespoor het om te baklei teen die wie nie hulle tiendes wou betaal nie. Die mense het nie Islam as ‘n geheel verwerp nie maar het geweier om gehoor te gee aan een van die vyf pilare (Zakat). Soos wat die historici sal bevestig, Abu Bakr het ‘n gewapende stryd met hulle gevoer in ‘n oorlog wat meer as ‘n jaar geduur het(632-633CE). Die Kalief het nie sy wapens neer gelê todat al die verwerpers dood gemaak is nie of terug gekeer het na die arms van Islam. Daar is ook baie stories waar Mohammed se bevel uit gevoer was om ateïste, Christene en Jode dood te maak omdat hulle Islam verlaat. Shari’ah Islamitiese jurisdiksie oor Afvalligheid is afgelei van die woorde van Mohammed en die voor genoemde aksies van die Kalief en ander metgeselle. As die verwerping van een van die pilare van Islam gesien word as ‘n misdaad wat dan oorlog teen sulke mense regverdig, is dit net logies vir die voorgeskrewe straf vir afvalligheid in Islam die dood te wees. Imam Abu Hanifa’s se voorskrif soos gesien in Al-Shybani's Kitab al-Siyar verleen die afvallige ‘n gestipuleerde periode (nie meer as ‘n paar dae nie) om terug te keer na Islam of staar die doodstraf in die gesig. Al vier skole van Islamitiese regspraak stem ooreen met die uitspraak, met slegs geringe variasies of ‘n grasie periode toegelaat moet word. Die Hanafi skool van Islamitiese regspraak glo vroulike Afvalliges is ‘n uitsondering op die reël en moet nie dood gemaak word nie maar geslaan moet word en onder bevalling geplaas word todat sy sterf of berou toon, terwyl die oorblywende Shafi'i, Maliki en Hanbali skole almal ooreen stem dat die straf vir vroulike Afvalligheid dieselfde is as die van ‘n man. Moderne Moslems Vir byna 1400 jaar was die straf vir Afvalligheid die dood. Dis net onlangs wat dit aan gespreek is deur hoofsaaklik ‘n paar ‘apologists‘ van die sowat 3% van die wêreld se Moslems wie in meer ontwikkelde gedeeltes van die wêreld bly. ‘n ‘‘Pew opname‘‘ wat vrygestel is op die 2de, Desember, 2010, het gevind dat tot op vandag die meerderheid van Moslems ten gunste is om bestaande wetgewing in hulle eie lande te verander om steniging vir egbreuk, hand afkap vir diefstal, en die dood vir die wie Islam verlaat toe te laat. Om jou ‘n idee te gee oor die getalle waarvan ons praat, gebruik ons Pakistan as ‘n voorbeeld; die 2010 opname het gevind dat 76% van Pakistanis saamstem dat Afvalliges moet dood gemaak word. In ‘n land met ‘n bevolking van 172,800,000 (96% van wie Moslem is), dit is 126,074,880 individue in ‘n enkele land. Aan die ander kant, slegs ‘n karige 13% van Moslems is teen die dood vir Afvalliges. As ons die posisie in neem dat Moslems wie sulke standpunte ekstremiste is, dan moet ons ook toegee dat die meerderheid van die wêreld se Moslems ekstremiste is. Hulle is nie ‘n minderheid groep met belaglike idees nie. Met alles in ag geneem, kan ons tot die slotsom kom dat vanuit godsdienstige tekste, geskiedenis en selfs die opinie van moderne Moslems dat die beslissing binne Islam is om Afvalliges dood te maak as hulle weier om terug te keer na Islam. Die beslissing is ook dieselfde binne die Shi’te sekte wie saam met die Sunnis bykans die hele wêreld se Moslem bevolking opmaak. Primêre Artikels Die volgende is opsommings van bladsye waarop Islam bespreek is t.o.v. Afvalligheid: Islamitiese skrif en Afvalligheid Hoof Artikel: Koraan, Hadith en Skoliere: Afvalligheid Die bladsy kwoteer gesaghebbende Islamitiese bronne soos die Koraan, Hadith, en beide klassieke en moderne skoliere om jou ‘n akkurate beeld van wat Islam leer m.v.t. Afvalligheid. Komentaar 'Abdullah: Allah se dissipel sê, ‘’Die bloed van ‘n Moslem wie bely dat geeneen die reg het om aanbid te word behalwe Allah en dat ek sy dissipel is, kan nie gespil word behalwe in drie gevalle: In Qisas vir moord, ‘n getroude persoon wie onwettige seks het buite die huwelik en die een wie weg beweeg van Islam en die Moslems verlaat.‘‘

Sahih Bukhari9: 83: 17Sahih Bukhari 9:83:17 Komentaar Ikrima: ‘’Ali het sommige mense verbrand en die nuus daarvan het Ibn Abbas bereik wie gesê het, ‘As ek in sy plek was sou ek hulle nie verbrand het, soos die profeet gesê het ‚‘ Moet nie ‘n persoon straf met Allah se straf nie. Daar is geen twyfel, ek sou hulle dood gemaak het, want die profeet het gesê, As iemand (‘n Moslem) sy godsdiens uit gooi, maak hom dood.’’

Sahih Bukhari4:52:260Sahih Bukhari 4:52:260 Afvalligheid en Mense Regte Hoof Artikel: Afvalligheid en Mense Regte Die volle teks was geneem van ‘n papier wat aangebied was deur Ibn Warraq by ‘n paneel bespreking oor Afvalligheid, Mense Regte, Godsdiens en Geloof wat gehou was by die 60ste Sessie van die VN se Kommissie op Mense Regte in Geneva, 18de, April, 2005 Dit is duidelik dat onder Islamitiese wetgewing moet ‘n Afvallige met die dood gestraf word. Hieroor is daar geen dispuut tussen klassieke Moslem of moderne skoliere nie…Sura II.217 word geïnterpreteer deur nie minder as die gesaghebbende al-Shafi'i (dood 820 C.E), die stigterslid van een van die vier ortodokse skole van regte in Sunni Islam, dat die dood straf voor geskryf moet word vir Afvalliges.. Sura II.217 lees:‘‘…Maar die wie herroep en sterf as ‘n ongelowige, sy werke sal kom na niks in die wêreld en in die volgende en hulle is die metgeselle van die vuur vir altyd. Al-Thalabi en al –Khazan stem oor een daarmee. Al-Razi sê in sy komentaar oor Sura II.217 dat die Afvallige dood gemaak moet word. Dieselfde IV. 89: ‘‘Hulle sal jou geloof wegneem net soos wat hulle ongelowig is sodat julle almal dieselfde is. Moet hulle nie bevriend nie todat hulle van hulle huise gevlug het vir die saak van God. As hulle weg hardloop dan vang hulle en maak hulle dood waar jy hulle okal kry. Moet vir vriende en handlangers onder hulle soek nie…‘‘ Baydawi (dood c. 1315-16), in sy gevierde komentaar oor die Koraan interpreteer die vers soos volg: ‘‘ Wie okal sy rug op sy geloof draai ( irtada ), in die openbaar of in die geheim, vat hom en maak hom dood waar jy hom okal kry net soos enige ander ongelowige (infidel). Skei jouself van hom geheel en al. Moenie voorbidding in sy verband aanvaar nie. ‘‘ Ibn Kathir in sy komentaar oor die vers kwoteer Al Suddi (dood 745) wie gesê dat aangesien die ongelowiges hulle ongeloog laat manifesteer het behoort hulle dood gemaak te word.

Impak van Afvalligheid Wette in die Wêreld vandag Hoof artikel: Vervolging van Ex-Moslems Voormalige Moslems word baie kere vervolg, mishandel en dood gemaak deur Moslems. Die tipe behandeling van Afvalliges is nie ‘n eenvoudige kwessie van staat-gedwingde godsdiens nie soos sommiges will voorstel nie. Die geweld of dreigemente van geweld teen afvalliges stem nie van die owerhede nie, maar van familielede en individue van binne die Islamitiese gemeenskappe wie optree sonder om gestraf te word deur die owerhede. Die punt is verder beklemtoon deur die vervolging en moord van voormalige Moslems in baie nie-Moslem gemeenskappe. Byvoorbeeld, in 2007 moes die dogter van ‘n Britse Imam onder polisie beskerming geplaas word nadat haar pa ( ‘n leier van ‘n Moskee in Lancashire) haar met die dood gedreig het omdat sy ‘n Christen geword het. Noemenswaardige voormalige Moslems Hoof artikel: Noemenswaardige voormalige Moslems Terwyl afvalligheid in Islam gevaarlik is, asook film sterre en ‘rappers‘, baie uitgesproke Moslem predikante, Mullahs, Imams, skoliere, sending werkers en selfs terroriste het afvallig geword en het ateïste, Boeddhiste, Christene, Hindoes ens. geword. Deur dit te doen het baie (insluitend Ibn Warraq en Mark Gabriel) dit op hulle self geneem om die Islamitiese ideologie teen te staan en het bekendes (celebrity) geword in hulle eie reg. Moslems verlaat Islam by die Miljoene Hoof artikel. Mense wie Islam verlaat het en Komentaar van Voormalige Moslems Baie kere adverteer Moslems ( soms valslik) nuus oor hoe nie-Moslems hulle bekeer tot Islam, maar hulle vertel jou nie die ander kant van die storie nie waar Moslems ook Islam verlaat. Daar is meer Moslems vandag wie Islam verlaat as nuwe bekeerlinge na die godsdiens. In sub-Sahara alleen verlaat 6 miljoen Moslems Islam elke jaar. Eers die meerderheid godsdiens op die vasteland, hulle is vandag ‘n minderheid met die Christelike geloof in die meerderheid. Die groot getalle afvalliges in Islam is ongeken in die geskiedenis van Islam. Hier by WikiIslam dokumenteer ons die nuus en is die gasheer vir honderde geskrewe getuienisse. Afvalligheid bespreek in Arabiese / Islamitiese Media Hoof artikel: Afvalligheid (Vertalings van Arabiese / Islamitiese Media) Die gedeelte bevat Engelse vertalings van verskeie Arabiese / Islamitiese media wat afvalligheid bespreek. Wie okal Allah beledig, die Engele, en die godsdiens het afvallig geword van Islam en het ‘n ongelowige (infidel) geword – (ooreengekom) Die afvallige is die wetlike bevoegde een wie vrywilliglik ontrek van Islam, of hy openlik sy afvalligheid verklaar, of iets sê wat hom ‘n afvallige maak, of iets doen wat hom ‘n afvallige maak. In die geval het die man iets gesê wat hom ‘n Afvallige maak!!Hy het die godsdiens beledig, of in ander woorde, het die spot gedryf en die godsdiens verkleineer. Ons neem dit van Islam – (ooreengekom) Die beslissing oor die Afvallige is dat hy vergifnis moet soek binne 3 dae, en indien nie, moet hy dood gemaak word volgens die woorde van die profeet Muhammed (peace be upon him): Die bloed van ‘n Moslem is ontoelaatbaar behalwe onder een van drie voorwaardes: 1) hy pleeg egbreuk, 2) hy neem ‘n onskildige lewe, of 3) hy het sy geloof laat vaar en skei hom van sy gemeenskap ( vertel deur Al-Bukhari en Moslem van Ibn Mas’ud) Laat ons waaksaam wees, dienaars van Almagtige Allah, sodat ons nie sorgeloos en roekeloos wees in ons woorde en dade nie, en om Almagtige Allah te vrees in dit wat ons sê. Dit is ‘n groot ramp vir beledigings na die godsdiens en soort gelyk om op ons tonge gevind te word instede van herinnering en dankbaarheid aan God. Wat is die versoening vir die wie die godsdiens beledig het, en as hy die pelgrimstog (Hajj) voltooi het, moet hy dit weer onderneem? Islamic Fatwa Council of Jerusalem, February 10, 2009


Opstelle Opstelle of ‘’Op-Eds’’ weerspieël nie noodwendig die oogpunte van WikiIslam nie. Kyk na die WikiIslam: Opstelle / ‘Op-Eds‘ vir meer besonderhede. Wenke vir Ex-Moslems Hoof Artikel: Wenke vir Ex-Moslems Selfs in vry en sekulêre samelewings is die lewe vir ‘n Islamitiese Afvallige dikwels moeilik en gevaarlik soos wat ‘n onlangse opname in die Verenigde Koninkryk bloot gelê het (1 uit 3 Britse Moslems tussen 16 en 24 glo dat Moslem Afvalliges tereg gestel moet word). Die artikels bied praktiese advies vir nuwe Afvalliges.

Even in free and secular societies, life for the Islamic apostate is often a difficult and dangerous one, as a recent poll in the United Kingdom found out (1 out of 3 British Muslims aged 16 to 24 believe that Muslim apostates should be executed).[18] This article offers practical advice for new apostates. Help Andere om Islam te verlaat Hoof Artikel: Verlig andere om Islam te verlaat ‘N artikel wat fokus om andere te oortuig om Islam te verlaat. Deur belangrike kwessies en vra te ondersoek kan dit as ‘n vertrek punt dien vir verdere navorsing en bespreking. Ons moet altyd onthou om die individuele Moslem te respekteer, maar om krities te wees oor Islam. ‘N Afvallige Buite die Moslem Wêreld Hoof Artikel: Rifqa Barry Terwyl die vervolging van mense wie besluit om Afvallig te wees van Islam in die meer ontwikkelde gedeeltes van die wêreld, meer aandag geniet as andere, is geen ander meer gepubliseer as die van die tiener Fathima Rifqa Barry nie. As ‘n immigrant van Sri Lanka na Amerika het sy in die geheim haar bekeer het tot die Christelike geloof op die ouderdom van dertien. ‘N lid van die‘‘ Noor Islamic Cultural Center’’ het haar godsdienstige oortuigings ontdek. Die Artikel vertel haar storie. Voor die Bekering tot Islam Hoof Artikels: Voor die Bekering tot Islam en Bekommernis Met Islam: Gedagtes van ‘n Amerikaanse Bekeerling Baie bekeerlinge na Islam is Christene, Jode, Hindoes, Ateïste ens., wie beweer dat hulle die lig gesien het en dat Islam is die enigste ware godsdiens. Moslems verwelkom die nuwe bekeerlinge en moedig hulle aan om hulle stories te deel op die Internet, tydskrifte en televisie. Hulle verskyn baie kere op verskeie Muslim media uitlaat punte om te demonstreer dat Islam bereik verder as net eenvoudig die wie in die geloof gebore is. Die nuwe bekeerlinge is bewyse dat Islam die waarheid is. Maar die meeste individue wie bekeer selde kies om Islam objektief te bestudeer voor om so ‘n belangrike besluit te maak. Instede verkies hulle om in geneem te word deur propaganda net om te ontdek dat hulle een van die grootste foute van hulle lewe gemaak het. Dit is bevestig deur navorsing wat uit gevoer is deur die gerespekteerde Pakistani-gebore Amerikaanse Moslem Dr. Ilyas Ba-Yunus (1932 – 2007) wie ontdek het dat 75% van nuwe Moslem bekeerlinge in Amerika los Islam binne ‘n paar jaar. Die artikel poog om nie-Moslems te help om dieselfde lot te vermei wat deur miljoene Afvalliges reg oor die wêreld beleef is. Verskeidenheid (Miscellaneous) Moslem belofte vir Godsdiens Vryheid Hoof Artikel: Moslem Belofte vir Godsdiens Vryheid en Veiligheid van Leed vir Voormalige Moslems Die Moslem Belofte vir Godsdiens Vryheid en Veiligheid van Leed vir Voormalige Moslems was gestig deur Voormalige Moslems Verenig (Former Muslims United), ‘n menslike regte organisasie gestig in September 2009 deur ‘n groep Amerikaanse Afvalliges van Islam. Dit vra dat Amerikaanse Moslem leiers en Moslems wie in ‘n posisie van verantwoordelikheid is in Federale, staat of plaaslike regering om godsdiens vryheid te eerbiedig en die veiligheid van voormalige Moslems deur die verwerping van Islamitiese wetgewing pertinent tot fisisiese leed of die moord van die wie Islam verlaat. Die Vryheid Belofte, gepaardgaande met ‘n dek brief, was gestuur na 125 leiers van Moslem organisasies op 25 September, 2009, en ook na 234 Moslems in posisies van verantwoordelikheid in regering en private organisasies op 4 Julie, 2012. Tot hede het net 2 Moslems die skriftelike belofte geteken: Dr. Zuhdi Jasser van die Amerikaanse Islamitiese Forum vir Demokrasie en Dr. Ali Alyami van die ‘Center for Democracy & Human Rights in Saudi Arabia. ‘ Prominente individue soos Dalia Mogahed is gekritiseer omdat sy nie ondersteuning vir die belofte getoon het nie. Webtuistes, ‘Blogs‘ en Bronne vir Voormalige Moslems Hoof Artikels : Islam on the Net: Ex-Muslim en Resources for Former Muslims Daar is ‘n verskeidenheid webtuistes en ‘Blogs’ wat deur voormalige Moslems geskep is. Ons bied skakels (links) en ‘n kort opvatting van baie van hulle (voeg jou tuiste). Ons bied ook aan ‘n hulpbronne blaai gemik op voormalige Moslems wat skakel na sommige webtuistes en forums vir intergeloof besprekings, netwerking en soort gelyke dinge. Sienings op daai webtuistes is nie noodwendig die van WikiIslam nie.