Bewonderaar van Christus (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to: navigation, search
WikiIslam Archive,
Archives of the first iteration of WikiIslam, prior to acquisition and revamp by Ex-Muslims of North America
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie. Die is 'n vertaling van die oorspronklike Engelse taal getuienis.
  
AdmirerOfChrist
Personal information
Country of origin    Bangladesh
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Country of
residence
   
Canada
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Gender    Female
Age    18
Influences    Youtube Videos and a man I met.
Other interests    Writing
Faith Information
Current worldview Christianity
Left Islam at age 18
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam

Oorspronklik van Bangladesj, ek was die enigste dogter van ouers wie in Qatar gebly het. My ma het die burqa gedra en my pa was ‘n redelike godsdienstige Moslem. Ons het na Kanada verhuis toe ek 4 jaar oud was. My ouers was redelik streng toe ek groot geword het. Ons het nooit uit gegaan nie, nooit gaan fliek nie, en het ook nie daarvan gehou as my ma Bollywood films gekyk het was sy by iemand geleen het. Ek was nie toe gelaat om na nie-Moslems se huise toe te gaan nie. En op die ouderdom van 9, was ek nie toe gelaat om uit te hang met my beste vriend wie daai tyd met seuns na skool uit gehang het. Vanaf ‘n jong ouderdom was ek self nie toe gelaat om met seuns te praat nie.

Ek het opstandig groot geword. Op skool was ek geboelie. Ek het dikwels in gevegte beland met my ouers waarin ek geslaan was. Ek was op ‘n punt waar ek die wêreld rondom my geantoginiseer het. Maar, ek onthou my ouers as liefdevol. Ek het nooit Islam so ernstig op geneem soos wat ek veronderstel was om te doen nie. Toe bring hulle my ‘n Engelse weergawe van die Koraan toe ek 11 of 12 jaar oud was. Ek het dit begin lees. Maar daar was 1 frase in veelvuldige verse wat my gepla het. En dit was: "that your right hand possesses." Die Koraan sê dat Moslem mans kan seks hê met hulle vrouens en wat hulle regter hand besit. Ek het op Google gelees wat dit beteken en het ‘n artikel oor Islam en seks slawery gelees. Van daar af het ek myself begin distansieer van Islam.

Maar my vriend se ma, wie ‘n ouerige vrou is, het my ‘n boek gegee oor wetenskap in Islam. Ek het dit liggies gelees en was onmiddellik oortuig die Koraan is die woorde van God. Die seks-slaaf verse het ek in my geheue af gedruk en eenvoudig net daar van vergeet. Sy het my oortuig dat ek nog een Dua moet memoriseer en dat ek 5 dae ‘n week moet bid, wat ek toe gedoen het. Ek het toe begin bid soveel as wat ek kon. Dit het albei my ouers trots gemaak. My pa het gesterf net toe ek 15 geword het. My ma het toe net gepraat van hoe my pa ‘n Moskee in Bangladesj gebou het en sy wil hê ek moet dit gaan klaar maak en ook my eie geld moet maak. Ek het gebid so veel as wat ek kon, veral vir hom omdat ek geleer is omdat ek sy bloed is gaan my seëninge wat ek bereik het omdat ek Islam volg ( bid, Koraan lees, vas en vir die welsyn skenk) sal direk na hom toe gaan. Ek het soveel gedoen as wat ek kon. Ek het ook OK op skool gedoen, met vriende, oor die algemeen was ook OK.

Maar daar was 2 dinge wat my weer Islam laat bevraagteken het. Een was ‘n YouTube kommentaar van iemand wie gesê het Mohammed was ‘n pedofiel wie met ‘n 9 jarige meisie getrou het. Ek het die akuraatheid van dit wat hy gesê het gaan verifieer. Verskeie webtuistes het gesê dat Aisha was aansienlik ouer en ‘n paar andere het met hom saam gestem maar het probeer om dit te regverdig deur te sê dat tye verskillend was in daai jare en dat meisies vinniger volwasse geraak het. Nou ek weet van die Hadiths dat Mohammed met Aisha getrou het toe sy 6 jaar oud was en die huwelik volkome gemaak het toe sy 9 jaar oud was ( toe sy nog met poppe gespeel het). Ek het dit oor gesien maar die belangrikheid van die seks slawery verse het toe terug gekom na my toe. My ma het my vertel van ‘n Bengali Moslem sendeling wie sy altyd op TV gekyk het en wie toe na Pakistan toe gevlug het omdat sy oorlog misdade in die Bangladesj Bevrydings Oorlog bekend was. Van die misdade sluit in verkragting en marteling van baie vrouens in die Bevrydings Oorlog.

Ek het begin belangstel in die geskiedenis van my land en die land se Bevrydings Oorlog. Ek het op verskeie webtuistes daarvan gelees en het ontdek dat Pakistanse soldate en ‘n groep Bengali mans genoem die "Jamaat-e-Islam" ( wie wou hê Bangladesj moet by Pakistan bly omdat dit oorwegend ‘n Moslem land was) het baie Bengali vrouens verkrag en hulle as seks slawe geneem. Die Hindoes het dit seker die ergste gekry. Dit het my vir ‘n oomblik laat dink. Wag ‘n minuut, hoekom is daar mense wie hulle self "Jamaat-e-Islam" noem en soldate van ‘n ander land wie Moslem is, vrouens verkrag en hulle as seks slawe in groot getalle neem? Ek het die verse onthou wat ek as kind gelees het. Nog steeds as ’n Moslem, ek het dit agter in my kop gedruk want Islam was deel van my lewe. Ek het ‘n dokumentêre program gekyk oor die Bevrydings Oorlog. Aan die onderkant by die komentaar sien jy ‘n ou wie presies dieselfde vers gebruik wat ek op ‘n tyd gelees het om te verduidelik hoekom die mans gedoen het wat hulle gedoen het. Ek het dit nog steeds geïgnoreer en het ‘n ander vers uit die Koraan geneem wat verkragting verbied as ‘n teen-argument.

Een ding wat uniek is oor my is dat ek nuuskierig is oor alles. Ek sal iets uitvind oor ‘n sekere historiese gebeurtenis en sal dan meer navorsing doen en dieper in die onderwerp gaan. Ek wou meer leer oor die slawe handel wat ‘n paar eeue gelede plaas gevind het. Natuurlik het ek daarvan geleer maar toe kyk ek op Google vir die ergste gevalle van slawerny in die geskiedenis. Dit was genoem die Arabiese Slawe Handel. Raai wat het ek ontdek: die mees regverdige mense was aan die spits van die ergste geval van slawerny. Ek het meer navorsing daaroor gedoen. Dit was genoem die Arabiese slawe handel. Ek het nog meer navorsing gedoen. Nou is daar geskiedenis wat bewys dat slawerny wel plaas gevind het gedurende die Mohamadaanse periode. Nou het ek meer moed geskep en meer indiepte navorsing gedoen oor die verhouding tussen Islam en slawerny. En dit wat ek ontdek het was vreeslik.

Nie net is daar verse in die Koraan wat stel dat seks slawe toelaatbaar is in Islam, maar daar is ook verskeie ‘Hadiths’ waarin volgelinge van Mohammed hom gevra het of hulle seks kan hê met vrouens wie se families onlangs geslag is onder sekere omstandighede. Eintlik het ek op die webtuiste gelees van Mohammed se byvrouens en ander vrouens wie hy gehad het. Ek het basies baie tyd spandeer om te luister na hoe daar verskonings gemaak word om seks slawery te regeverdig maar dit het nie baie gedoen om my geloof te restoreer nie. Ek het weg gedraai. Ek het gelees van sy verskillende vrouens. Twee Joodse vrouens wie se families deur Mohammed vermoor is het geen keuse gehad behalwe om met hom te trou nie. Alby was aantreklik en Mohammed het geen probleem gehad om met hulle te trou nie. Klink dit vir u soos ‘n profeet van God of ‘wellustige man wie sy mag misbruik het?

Ek het Imams ge-epos. Net een het gereageer wie gevra het dat ek op ‘n sekere dag moet skakel. Teen daai tyd was ek ‘n ateïs. Ek het ook begin glo in evolusie. Ek was so verlore. Ek het ‘n video program gekyk deur David Wood: "Jesus or Muhammed" about 10 reasons why Muhammed isn't a prophet’’. Die punte wat my gekry het is hoe hy sy openbaringe gekry het en die wyse waarop hy gesterf het. Ten tyde van sy eerste openbaringe het hy gedink hy is besete en wou selfmoord pleeg. In sy leeftyd het hy openbaringe gekry waarin hy gestel het dat Allah 3 dogters gehad het. Die Arabiese Heidinne in daai tyd was gelukkig met Mohammed en het later sy gedagtes verander en gestel dat hy sy openbaringe van Satan ontvang het. Hoe het Mohammed gesterf? ‘N Jodin het hom vergif.

Dit was, as ‘n geheel, baie omstrede vir my. Hy’t nie veel as ‘n profeet vir my voor gekom nie en natuurlik het die Koraan baie reëls gehad wat ek as vrou gehaat het, soos byvoorbeeld hoe ‘n vrou onderdanig behoort te wees teenoor haar mans, en dat twee vroue getuies gelykstaande is aan een manlike getuie. Ek het die reëls gehaat. Ek het ook ontdek dat dit toelaatbaar is om jou vrou te slaan. Moslems sê dis net ligtelik maar die ‘hadiths’ sê dat Mohammed het een keer sy vrou Aisha op haar bors geslaan wat haar pyn veroorsaak het.

Kyk na die ding van ‘n vrou se perspektief. Daar is die vrou, die dogter en die seks slaaf. Kom ons begin met die vrou. Jy deel jou man met 3 ander vrouens in die geval van Mohammed se vrouens, met ‘n klomp ander vrouens sowel as met ‘n klomp seks slawe. Jaloesie, veral as jy verlief is op ‘n spesifieke persoon, is in almal van ons. So elke dag moet jy ekstra hard werk om mooier en ouliker te wees om jou man se aandag te kry. Niks anders maak rêrig saak nie. En as jy oud is en jou man het jonger en mooier bruide, is daar rêrig waar niks wat jy kan doen nie. Vrouens wie ‘n gewete het en empaties in natuur is mag dalk dink dat vir jou man om ‘n seks slaaf te het is verkeerd, maar daar is absoluut niks wat jy daaromtrent kan doen nie. Hy kan jou slaan as hy will en jy moet toegewy en gehoorsaam wees. Dis hoe dit is. Wat is die punt van lewe as jou lewe so depressief gaan wees. Dan is daar nog die hiernamaals waar jy jou man moet deel met 72 maagde asook sy aardse vrouens. Vir die seks slaaf; jou hele familie word dood gemaak deur ‘n groep / stam / land en jy word gedwing om seks te hê met ‘n man van daai groep. Ek weet nie van jou nie, maar ek maak myself liewer dood as om toe te laat dat ‘n man wie my familie vermoor het my raak.

Nou kom ons kyk na die meisies. Jy het te veel broers en susters. Jy kry moederlike liefde maar jou pa is altyd besig met sy ander vrouens an kinders. Jy groei op en sien jou ma ietwat ongelukkig of absoluut benoud. Jy sien jou pa met vrouens en seks slawe van wie sommiges dalk jonger as jy is. Soos jy groot word kry jy min of geen aandag van jou pa nie. Jy begin te dink dat jou uiterlike skoonheid is jou enigste waarde en niks anders nie; nie jou karakter nie maar jou skoonheid. Hoekom? Omdat jou pa mooier en jonger meisies oor jou ma gekies het en jy het haar depressief daaroor gesien. Jou pa het ook verkies om nie tyd met jou te spandeer nie, sy eie vlees and bloed, maar met sy vrouens / seks slawe met wie hy seks kon hê. Ander dinge wat ek van Mohammed ontdek het is dat hy baie Jode geslag het en sommige van die reëls wat hy wou hê ander Moslems moet volg, het hy self nie gevolg nie. Elke openbaring het hom die voorreg gegee bo ander Moslems. Ek gaan nie dieper daarin nie maar jy kry my punt.

Sy voorbeeld is swak. As gevolg van hom is daar baie kinder huwelike in Islamitiese lande. Ek is seker dat daai verse wat dit toelaatbaar maak om gevangde vroue as seks slawe te neem het Pakistaanse soldate en die Bengali Jamaat-e-Islam beïnvloed om vrouens te vang en hulle te verkrag. En ek is meer as seker dat ten spyte van wat moderne Moslems in die Weste sê, Moslems gebruik wel Koraanse verse en Mohammed se voorbeeld om tereur te regverdig. In die begin dae van Islam toe Mohammed ‘n vreedsame mens was het hy verse gemaak waarin hy sê dat nie-Moslems tot Moslems bekeer moet word moet op ‘n vreedsame manier gedoen word. Aan die ander kant is daar verse wat vir Moslems sê dat hulle vir Islam moet baklei en om Christene en Jode te oorrompel en hulle maak belasting betaal. Daar is so baie waaroor ek kan praat maar sal my geklaery hier stop. Ek het begin kyk na die Christelike geloof omdat ek Jesus lief gehad het en in my oë was hy ‘n eerbare mens in vergelyking met Mohammed. Hoe weet jy dit? Dit maak nie saak wat nie, NIEMAND kan ‘n vinger wys na Jesus en sê, ‘kyk, jou profeet is so en so,‘ soos wat almal met Mohammed kan doen. Daar was wel een iets waaroor ek verward was en dit was die Ou Testament VS. Die Nuwe Testament. Niemand het my geleer wat die verskille is nie maar ek het gehoor dat baie van die reëls van die Ou Testament is min-of-meer dieselfde as die van Islam, so wat is die punt?

Toe een dag ontmoet ek ‘n man. Hy was ‘n Christen en het baie kennis gehad oor die Christelike geloof, baie meer as ander Christene op wie ek afgekom het. Hy het die konsep van suiwer Christelike geloof aan my verduidelik, die verskille tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament, en ons het die Christelike geloof en Islam vergelyk. Hy was ‘n ‘new-ager‘ en het ontdek dat ‘UFoligists‘ sê dat mense wie gesien / verbeel of ontvoer was het almal beweer dat die vreemde wesens verdwyn wanneer hulle die naam Jesus Christus noem. Ek kyk baie na sameswering teoretikus videos (conspiracy theorist videos) en weet dis die waarheid. Ek kyk na baie.

Die koms van Jesus Christus was veronderstel om mense te red en die Ou Testament te reformeer. Kom ons kyk so daar na. God het Adam in sy eie beeld geskep, reg? Hy het gesondig en hy en Eva, sowel as sy afstammelinge, is uit die tuin van Eden gegooi om verantwoording te doen vir hulle sonde. Dan by die einde van die wêreld het hy Jesus geskep ook in sy eie beeld (dis hoekom mense hom God noem), en Jesus was sonder sonde, sodat toe hy op die kruis gesterf het vir ons almal was dit asof hy die ganse mensdom vry gemaak het deur vir ons almal te sterf. Dis hoekom sommige reëls eenvoudiger is die van die Ou Testament en die godsdiens was gereformeer.

So hoekom is Christus die seun van God of God homself? Wel hy: 1. Was gebore sonder ‘n pa en was self geskep deur God net soos Adam 2. Het God / sy pa se ewebeeld 3. Het op water geloop soos wat dit gesê was in die ou Testament en net soos wat Yahweh dit sou doen 4. Johannes 8:24 ‘tensy jy glo dat ek is, sal jy in jou sonde sterf.’ 5. Johannes 8:58 ‘voor dat Abraham was, ek is’ (kan beteken dat hy self die gees van God was)

Hy was God in die vlees en het gesterf vir ons sondes en het opgestaan. Dit is die sentrale boodskap van die Bybel. Die Bybel sê ook daar sal verskeie profete wees wie na hom sal kom en wie wonderwerke sal verrig maar julle moet hulle nie glo nie. Nêrens in die Bybel was Mohammed van geprofiteer nie. En einige een met ‘n gesonde verstand kan die verskil sien tussen Jesus en Mohammed. Terwyl Koraanse wetenskap miskien ‘n wonderwerk kan wees soos sommiges will voorstel, is dit nie so wetenskaplik soos wat Moslems beweer nie. En al is dit selfs, as jy die Bybel lees, kan jy nie einige ander profeet volg nie. En as jy die voorbeelde van Jesus en Mohammed sien, sal jy automaties weet dat Mohammed nie ‘n profeet is nie.

Jesus het nie iemand vermoor nie. Mohammed het honderde of selfs duisende geslag. Jesus het wonderwerke verrig soos om op water te loop. Mohammed het gedink hy was met die duiwel besete, maar Jesus was ‘n onderwyser op die ouderdom van 12 en almal het geweet wat sy doel was. Jesus het gemeng met sondaars en het prostitute vergewe en verdedig (nie mee geslaap nie) omdat hy geglo het dis hulle wie gered moet word. Mohammed het meer vrouens gehad as wat toelaatbaar was in Islam, het byvrouens gehad, verkragting toegelaat, getrou met ‘n 6 jarige, met sy skoondogter getrou nadat sy aangenome seun haar geskei het, en oor die algemeen kan jy sy wellustige natuur sien nadat jy van hom gelees het. Jesus het nooit getrou nie. Hy het nie mense bekeer deur hulle te vermoor nie, maar mense bekeer deur sy woorde en wonderwerke. Daar sal nie so baie Moslems wees nie as Moslems nie betrokke was in so baie oorloë nie en die eeste Moslems was ongeletterd en was makliker gemanipuleerd. Let op dat Mohammed het nie groot getalle Christene bekeer nie? Mohammed en Jesus is wêrelde apart en jy kan nie die twee vergelyk nie.

Die Koraan is ook baie weersprekend. Dit sê dat jy die Bybel moet lees om te sien dat Mohammed van geprofeteer is maar sê ook dat die Bybel ‘n korrupte boek is. So basies is die Bybel so korrup dat dit die sentrale boodskap wat is dat om te glo dat Christus die seun van God is, gestref het vir ons sonde en opgestaan het uit die dood, maar nie korrup genoeg is om te wys dat Mohammed van geprofeteer is nie? Sê vir my of dit einige sin maak?

En nog iets; baie geskeidkundiges soos Josephus het genoteer dat Jesus op die kruis gesterf het. Kruisiging was die mees pynlikste dood denkbaar. Min mense oorleef as hulle gekruisig word. En as dit is dat dit gemaak lyk is of Jesus gekruisig is, maar dat dit nie werklik is nie, en nie uit die dood opgestaan het nie, dat het ons of ‘n onbevoegde Messias of ‘n misleidende God. Ek glo nie die Bybel is korrup nie omdat daar ‘n ton manuskripte is in verskillende tale. Maar vra jouself hoekom God ‘n godsdiens aan mense gee waarin die hoof konsep onwaar is? Hoe kan ‘n boek so gekorrup word dat die hoof idee vals is?

Nog ‘n rede hoekom ek glo in die Bybel is Bybelse profesieë. In die Bybel sê dit dat die mense van Israel sal verstrooi word al oor die wêreld en dan terug te kom na Israel. Raai wat? Dit het gebeur, is dit nie? My laaste rede hoekom die Christelike geloof ‘n ware godsdiens is gevalle Engele. Ek onthou toe ek as kind ‘n tiener fiksie boek gelees het waarin die ou in die liefdes verhaal ‘n gevalle Engel was. Daai dag het ek op gaan kyk oor gevalle Engele. Hulle is die seuns van Gode wie omgang gehad het met die dogters van mense in die Bybel en is baie van gepraat in die boek van Henog. Ek het baie oor hulle gelees en tot die konklusie gekom dat hulle miskien hulle self uitgebeeld het as die Heidinse Gode en Godinne wat jy in vandag se mitologie sien. Dit maak sin vir my. Satan het probeer om die saad van Adam te korrup voor Jesus aan gekom het en dis hoekom jy verskeie Gode en Godinne sien waarvan sommiges half-dier is van die een of ander soort. Dis hoekom jy reuse sein in mitologie en sprokies verhale wie eindelik Nephilim (reuse) is. Dis iets wat vir my baie sin maak. In Islam het Engele nie vrye keuse nie so daar gaan daai teorie.

Ek will ook uitwys dat dit geprofeteer is dat in die dae voor die koms van Christus sal dit wees soos in die dae van Noag. In daai tye praat hulle almal een taal. Wat gebeur nou, globalisering gebeur nou en kommunikasie tussen lande en die meeste van ons weet hoe om Engels te praat. Die wetenskap kom elke dag nader en nader om transhumanisme te maak, reg? Wel jy weet dat die saad van Adam , ons genetiese samestelling sal weer meer gemors word.

My redes hoekom ek Islam verlaat het en om die Christelike godsdiens aan te neem is ook emosioneel. Die Christelike geloof gaan slegs rondom om ‘n goeie mens te wees en om in Jesus en God te glo. Islam is aansienlik moeiliker en baie reëls maak nie sin nie. Die Christelike god is oor die algemeen baie meer nederig en will nie hê ons moet ons tyd mors behalwe om ‘n goeie mens te wees en om goeie dinge te doen nie. Dit is ‘n suiwer en eenvoudige godsdiens. Die Christelike godsdiens belowe ook nie 72 maagde nie en onbeperkte seks nie. Dit beloof net dat in die hiernamaals sal ons met Hom bly in sy Heilige Koningkryk. Wat kan beter wees as om met God te bly? Ek glo dat goeie mense moet ‘n geestelike posisie bereik waarin vleeslike begeertes sal verdwyn.

Die is my redes hoekom ek Islam verlaat het. Vir Moslems wie Islam will verlaat, ek stel voor om te kyk na ‘Jesus or Mohammed‘ en kyk na die debatte van David Wood op Youtube. Kyk Bible Prophecies deur Wallid Shoebat en kyk defnitief na die getuienis van Nabeel Qureshi en kyk na sy lesings op Biola universiteit. Kom ek vertel jou iets; toe ek eers vir David Wood in Jesus or Muhammed gesien het, het ek gedink hy’s net nog ‘n ‘Islamaphobe‘ wie seker Moslems uit sy land will hê. Ek het hom in elk geval gekyk en baie van wat hy te sê gehad het het baie sin gemaak. Eendag het hy Nabeel Qureshi genoem, sy beste vriend wie hy gehelp het om na die Christelike geloof te bekeer. Ek het na Nabeel Qureshi gekyk en sy getuiens was mooi. Hulle vriendskap en storie is absoluut ongelooflik en het my aangeraak.

Hulle het op College ontmoet en was die enigstes wie nie partytjie gaan hou het met vriende nie as gevolg van godsdiens. Nabeel was daai tyd ‘n Moslem. Hulle het vriende en kamer-maats geword. David het die Bybel gelees voor hy gaan slaap het en Nabeel sê vir hom; ‘’ Do you know the book you’re reading is corrupted?’’ En David beantwoord: ‘’do care to share.’’ Hulle het ‘n gesonde argument daaroor gehad en het van toe af Islam en die Christelike geloof saam bestudeer. Hulle het beste vriende geword en het alles saam gedoen. Dis ongelooflik hoe twee mense van verskillende agtergronde en godsdienste so goed bevriend kan word en tesaam die waarheid soek en nie bang wees om mekaar aanstoot te gee wanneer hulle godsdiens bespreek want elk will die ander een na die waarheid toe lei. Uiteindelik het David vir Nabeel na Christus toe gebring as sy verlosser. Laat ek net ten slotte noem dat hy ook so gedoen het na ‘n reeks drome deur God self. So ek sal klaar maak deur te sê ek hoop julle almal kry die waarheid. Ek wens al die apostate van Islam alles van die beste want julle gaan baie harde lewens hê. Ek gaan nie lieg nie. Maar dis alles die moeite werd op die einde. Vir die wie die Christelike godsdiens aan geneem het, ek loof julle vir wanneer dit moeilik is vir julle om as apostate te lewe, onthou net dat jou Verlosser die Christus het vir jou sonde gesterf en dit was ‘n pynlike dood. As Hy sy lewe vir jou kan opoffer, dan kan jy voort gaan om vir hom te lewe. Dankie vir die wie die hele stuk gelees he ten ek wens julle alles van die beste toe.



Crystal Clear action edit add.png Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints