Washikur (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Jump to: navigation, search
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie. Die is 'n vertaling van die oorspronklike Engelse taal getuienis.
  
Washikur
Personal information
Country of origin    Bangladesh Flag of Bangladesh.png
Gender    Male
Age    27
Faith Information
Current worldview Atheism
Left Islam at age 20
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam[edit]

Ek was gebore en groot gemaak in ‘n Moslem familie. Soos ander Moslems is ek groot gemaak dat Islam die enigste aanvaarbare godsdiens is en dat slegs Moslems hemel toe sal gaan. Ek was ook geleer om mense van ander godsdienste en ateïste te haat. My ouers, familie, bure, Moslem onderwysers en amper almal het dieselfde oogpunt gehad. Daar is weinig einige sekulêre Moslems. En die wel sekulêr is is genoem 'Murtad' (iemand wie Islam verlaat het) al is hy / sy godsdienstig.

Ek het diep in Islam geglo voor my 18de verjaarsdag. Ek het 5 dae ‘n dag gebid. Maar daai tyd het ek nie die Quran en Hadith gelees nie. Een dag toe praat ek met een van my gunsteling godsdienstige rekeningkunde onderwysers, wie altyd studente aangemoedig het om godsdienstig te wees, oor een van die top fundamentalitiese partye wie teen Bangladesh gestaan het in ons 1971 bevrydings oorlog van Pakistan. Die meeste van die top leiers van die party is beskuldig van volksmoord, massa verkragting, vandalisme met die Pakistanse weermag om die sogenaamde Islamitiese land van Verenigde Pakistan te verdedig. Ek het my onderwyser gevra hoe einige een sulke misdade kan pleeg in die naam van Islam. My onderwyser het beantwoord dat die verkragting van vrouens van ander godsdienste nie ‘n misdaad is gedurende oorloë nie.

Dit was skokkend vir my dat my onderwyser studente kon sê dat verkragting toelaatbaar is in Islam. Ek kon nie reageer op my onderwyser nie maar myself belowe dat ek meer oor Islam gaan leer, en as dit wel so is, gaan ek Islam verlaat. Toe begin ek die Koraan, Hadith en ander boeke te lees. Daar was baie meer daarin as wat ek myself kon verbeel het. Ek het gou besef dat niks in die tekste deur ‘n almagtige god kon gesê gewees het nie, of selfs ‘n edel mens nie. EK het gewonder hoe verkeerd ek is en hoe verkeerd die meeste Moslems nog steeds is. Toe begin ek lees oor ander godsdienste, filosofieë, geskiedenis, wetenskap en besef dat daar nie ‘n God is nie. Ons is die skepping van die natuur.



Crystal Clear action edit add.png Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints