WikiIslam:Sandbox/Temp page for Afrikaans: Difference between revisions

will have to think of a neat way to link these from original testimonies (possibly from the info boxes?
(moving to temp page)
(will have to think of a neat way to link these from original testimonies (possibly from the info boxes?)
Line 3: Line 3:
:Example at: [[ExMuslimgirl_-_Voormalige_Moslem]]
:Example at: [[ExMuslimgirl_-_Voormalige_Moslem]]


==[[Waterlily - Former Muslim]]==
Getuienis van die verlating van Islam
Dit het alles begin met ‘n eenvoudige vraag op die ouderdom van 8: ‘As Allah ons geskep het, wie het dan vir Allah geskep?‘ My ma was geskok deur die vraag en het dit nie verwag nie, maar het dit goed hanteer. In plaas van dat sy my slaan of straf, sê sy ek het dieselfde vraag gevra toe ek jou ouderdom was en dat sy geen antwoord vir my het nie behalwe dat Allah alomwetend is. Jy beter nie te veel wonder oor dinge waarvan jy nie weet nie want dit mag dalk jou wegly van die regte pad. ‘Volg net vir Allah soos hy ons beveel. ‘ Haar antwoord was voldoende vir daai tyd omdat ek nie veel daaraan gedink het agter na nie. Teen daai tyd het ek ‘n swart mantel begin dra omdat ek vinniger ontwikkel het as my maats. Ek moes my liggaampie weg steek van die honger oë van mans wie 3 keer ouer as ek was. My fiets was van my weg geneem en ek kon nie met die ander kinders in die buurt speel nie. My ma het probeer om my die tipe drag te dra wat my hele gesig toe maak maar my ouer suster het gesê dat as ek dit sou doen sal my kinderdae oorwees en ek het probeer om vas te hou aan dit wat nog oor bly.
Jare daarna het ons verhuis na ‘n meer konserwatiewe stad in Saoedi-Arabië en ek moes toe ‘n meer konserwatiewe Hijab dra. Daar het op gewende seksuele jeugdiges na homoseksualiteit gedraai omdat interaksie tussen die twee geslagte feitlik nie bestaan het nie. Ek was ook seksueel geteister  (mondelings en fisies) in die publiek omdat ‘n vrou wie die huis verlaat het veral sonder ‘n manlike opsigter is ‘n hoer en verdien wat oppad is na haar toe. Dit is een van die hoof redes hoekom vrouens nie in die koninkryk bestuur nie. Daai stad het my hard gemaak teenoor Islam alhoewel gedeeltes van my nog steeds geglo het in Allah.
Alhoewel ek probeer het het ek nooit op tyd gebid nie maar het altyd geglo dat Allah weet ek is ‘n goeie mens. Ek het nooit probeer om mense seer te maak nie en ek is lief vir diere en die natuur. Ek het nooit wraak geneem op mense wie my seer gemaak het nie. Ek het nooit verstaan hoekom Allah gebede in ‘n robotiese manier en herhaalde verse  verkies i.p.v. goeie werke of gebed. Ek kon nie konsentreer terwyl ek bid nie en het gebid na Allah sodat hy my kon lei en my krag gee om Islam te volg. Ek het gebid om lief te wees vir die Koraan en om dit te memoriseer maar my gebede was onbeantwoord.
My haat vir godsdiens het gegroei toe ‘n geliefde familielid van my in die hospitaal gelê het en moes wag op haar man se handtekening  sodat sy behandeling kon kry. Ek het gebid soos nog nooit van tevore nie. Ek het om verskoning gevra vir Allah vir my gebrek aan toewyding en het belowe om my gebede te behou as sy beter word. Ek het gehoop vir ‘n wonderwerk, sy was ‘n toegewyde Moslem en hoekom kon sy nie ‘n wonderwerk kry nie en sy was een van die wonderlikste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Maar sy het gesterf omdat sy moes wag op ‘n verdomde handtekening wat sou gemaak het dat sy behandeling kon kry! Ek kon nie verstaan hoekom Allah dit toe gelaat het nie. Ek het probeer dink dat sy in ‘n beter plek is maar ek kon nie die feit oor sien dat haar dood is a.g.v. manlike chauvinistiese redes wat deur godsdiens gekweek is. Vrou mense, wie ten spyte van  menstruasie, kind dra, geboorte skenk, hormonale veranderinge, om  ‘n minderjarige te bly vir die res van ons lewe, die druk van om beskeie te bly,  om ons mans se seksuele behoeftes te bevredig en om lojaal te bly teenoor mans wie 3 meer vrouens  kan hê en talle seks salwe en nog steeds is ons in die meerderheid in die hel.  Ek het aan myself gedink as een van die gelukkiges wie hemel toe gaan maar selfs daar moet ek die veelwywery van my liewe hemelse man aanvaar want hy is 4 vrouens toe gelaat en talle maagd-slawe.
Ek het my wrok teen godsdiens terug gestoot want ek was nog nie gereed om op te gee op godsdiens nie en het meer begin lees oor die Koraan, Hadith en stories oor Islam. Ek het gesoek vir antwoorde en ander meer gematigde opinies oor Islam omdat die  Saoedi weergawe het dit nie vir my gedoen nie. Toe word ek een van die oop Moslems wie geglo het dat Islamitiese interpretasie was verdraai deur verkrampte skoliere en dat Islam die godsdiens van vrede is.  Ek het begin om godsdiens te bespreek met andere, veral ateïste. Ek het gedink ek het elke argument gewen maar toe ek self een word het het ek besef dat hulle op gegee het met my. Ek het geglo dat die meeste van die Hadith verkeerd was en was geskryf en versamel deur mense na die dood van die profeet. En, ek het besef dat die profeet wou nie hê iemand moes sy Hadith skryf nie. Dit was my laaste uitweg. Ek was ongelukkig in die tuin van onkunde todat ek godsdiens met my jonger broer begin bespreek het.  Ek het hom my siening oor die Hadith gegee en hy het beantwoord ‘hoe kan ons dan weet of die Koraan werklik die woord van God is?‘ Ek het hom gevra wat hy daarmee bedoel. Hy het beantwoord deur te sê dat die Koraan 2 keer versamel  is na die profeet se dood en hoe weet ons nie dat dit mee gepeuter is nie. Ek het probeer koel bly en beantwoord dat Allah het gesê hy sal dit beskerm. Dit was ‘n eenvoudige vraag maar het dit het my hele bestaan geskud. Ek het naar en duiselig gevoel toe ek die huis verlaat het met ‘n klomp vrae wat in my kop ontplof het, hoekom was die Koraan 2 keer versamel? Was die eerste keer nie genoeg nie? Hoekom het Uthman Ibn Affan alle kiopieë verbrand behalwe een. Hulle beweer die Koraan was geskryf in verskillende aksente, maar hoe kan ons seker wees dis net die aksente wat verskil?
Nog ‘n skok is toe ek besef het dat daar nie ‘n vers in die Koraan is oor steniging nie maar wel in die Hadith wat stel dat daar was wel ‘n ayah maar Omar Ibn Alkhatab het dit nie by gevoeg nie omdat hy bang was mense sou hom daarvan beskuldig het dat hy die Koraan verander! So as daar rêrig ‘n ayah was beteken dit dat die Koraan nie deur Allah beskerm word nie en kan mee gepeuter word! Die skokke het aanhoudend gekom toe ek geleer het dat die profeet selfmoord wou pleeg, die moord op mans van ‘n hele Joodse stam, die profeet se voorval toe hy met ‘n slaaf meisie geslaap het (Maria) in een van sy vrouens se bed (Hafsa) en trou met ‘n vrou (Saffiya) dae nadat haar pa en man deur Moslems dood gemaak is. Ek het toenemend gewalg soos wat ek meer oor godsdiens geleer het en het meer deur die leuens begin sien wat ons aan ons self vertel. Dat Islam is die godsdiens van vrede. Hoekom kan ons dan nie vrede in die verlede sien of huidiglik nie!!! Hoekom is vrouens minderwaardig in elke aspek van die lewe en na die dood maar tog word ons verantwoordelik gehou vir elke klein ding wat ons doen. Hoekom slaan ons kinders om soos robotte te bid alhoewel spiritualiteit nooit geforseer moet word nie. Hoekom vas ons vir lang ure gedurende Ramadan en ignoreer wetenskaplike feite dat ons meer gereeld moet eet gedurende die dag om ons gesondheid te behou?
Ongelukkig kan ek nie my onlangse verandering in my uitkyk bekend maak nie omdat ek met ‘n Moslem man getrou het vir wie ek baie voor lief is. Toe ons eers ontmoet het het ons gematigde oogpunte gehad maar dees dae beweeg hy meer na godsdiens terwyl ek weg daarvan beweeg. Hy sal nooit die feit aanvaar dat ek op gehou glo het in Allah, so of ek moet aanhou voorgee, of hom sê en toe laat dat ons huwelik uit mekaar val.
==[[Anil (former Muslim)]]==
{{apostate-top|source=rd}}
{{apostate
| apostaat = Anil
| landvanoorsprong = Turkeie
| Geslag = M
| Ouderdom = 25
| geboremoslemofbekeertot = gebore
| huidigegeloofstelsel = Onbekend
| verlaatislamopouderdomvan = 25
| ouerssegeloof = Islam
}}
Getuienis van die verlating van Islam
Ek was gebore op die 26ste Julie, 1984, as ‘n kind van Moslem ouers. Ek was ‘n gelukkige kind want beide my ouers was uiters godsdienstig nie. Ek was op ‘n godsdienstige manier groot gemaak. Die enigste iets wat ek van hulle gehoor het vir ‘n naam vir godsdiens is dat dit snert is wat deur ouer mense opgemaak is. Ek was godsdienstig in teen stelling met my ouers. Ek was gesien as ‘n goeie voorbeeld in my gemeenskap. In my tiener jare het ek stukkies van die Koraan begin lees en begin vrae of dit ‘n leuen kon wees; dat Islam die beste godsdiens in die heelal is. Daar was logiese foute (ek weet die 2 –logies en fout-gaan nie lekker saam nie maar sal verduidelik hoekom ek die 2 saam gebruik)tussen die Koraan en komentaar gemaak deur teoloë.
Een van die logiese foute was oor Engele. Volgens die teoloë is Engele bonatuurlike wesens wat deur God geskep is om hom te dien. Hulle is naïef en weet van niks behalwe om heel dag vir God te prys nie. So, ‘n mens kan van hulle verwag om aannaames te maak nie wat hulle in nie daar toe in staat nie. Interessant genoeg, in die Koraan staan daar toe God hulle gesê het hy gaan ‘n nuwe wese skep vra die Engele hom beswaarlik: ‘‘Gaan jy ‘n nuwe wese skep wat probleme gaan skep en bloed gaan stort in die wêreld?‘‘ is dit nie ‘n aanname nie? Hoe kan hulle dit doen as hulle nie die kapisiteit het daarvoor nie?
Tweedens, Islam het ‘n siek opvatting van wat lot is. Volgens Islam, al die gebeurtenisse wat ‘n mens sal ondervind in sy leeftyd is by geboorte op sy voorkop geskryf.  Verskeie vrae kom na vore:
1. As al my lewens gebeurtenisse vooraf besluit is, hoekom sal Allah my oordeel na my dood? Hy weet al klaar wat ek gedoen het, selfs voor my geboorte; het hy ‘n bietjie vermaak nodig?
2. Hoekom bestempel ons sommige mense as goed en andere as boos? Hulle lewens is al klaar uit gemaak deur Allah. Hoekom oordeel ons die mens i.p.v. die skrywer?
3. Hoekom moet ek dood gemaak word as ek egbreek, iemand dood maak, het homoseksuele seks? Die onsigbare skrywer het my daai rolle gegee!
4. Hoekom moet ek die skrywer aanbid as hy my ‘n moeilike rol gee genaamd ellende? Moet ek dankbaar wees teenoor iemand wie my opsetlik seer maak? Nee. Wat is so spesiaal van daai onsigbare wese?
As gevolg van daai siek opvatting sien jy nie Islamitiese lande maak einige vordering in die wetenskap en geesteswetenskappe nie. Hulle praat nie en tree nie op teenoor hulle goewerneurs nie want hulle dink God gaan hulle beloon in die hiernamaals.
Die 3de punt wat gemaak het dat ek my geloof verloor het is die leuen dat almal gelyk is in Islam. As almal gelyk is, hoekom is dit net vrouens wie hulle gesigte moet toe maak en by die huis moet bly om kinders groot te maak? Hoekom kan ‘n enkel man gespaar word van die dood deur steniging na sy eerste seks-buite-die-huwelik, maar dit geld nie vir ‘n vrou nie? Hoekom is dit genoeg dat ‘n man kan optree as ‘n getuienis maar met vrouens moet daar 2 wees? Hoekom kry vrouens minder van ‘n erfporsie van haar pa terwyl mans meer kry? Hoekom kan vrouens nie na die Moskee toe gaan nie?
Die is ‘n paar redes hoekom ek my geloof in Islam verloor het.


==[[Washikur - Former Muslim]]==
==[[Washikur - Former Muslim]]==
48,466

edits